Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Rusland veto ondersoek na chemiese aanval in Sirië

Rusland het Dinsdag ’n konsepresolusie deur Amerika op die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad geveto. Die konsepresolusie het gevra vir ’n onafhanklike ondersoek na die beweerde chemiese aanval Sondag in Sirië.

CNN berig dat die konsepresolusie die beweerde aanval in Douma deur die regering van pres. Bashar al-Assad veroordeel het, vir die ondersoek gevra het en ook dat humanitêre werkers onmiddellike toegang tot die streek kry.

Nikki Haley, Amerika se gesant by die VN, sê Rusland se hande is vol van die bloed van Siriese kinders.

“Toe die mense van Douma en die internasionale gemeenskap na die Veiligheidsraad gekyk het vir optrede, was daar een land wat in die pad gestaan het. Dit sal in die geskiedenis opgeteken word dat Rusland verkies het om ’n monster te beskerm bo die lewe van die Siriese mense.”

Dit sal in die geskiedenis opgeteken word dat Rusland verkies het om ’n monster te beskerm bo die lewe van die Siriese mense.

Rusland het Amerika ook gevra om nie militêr in te gryp ná die beweerde chemiese aanval nie, berig die BBC.

Vasily Nebenzia, Rusland se VN-gesant, het Dinsdag gesê: “Ek vra julle weer eens om nie voort te gaan met die planne wat julle maak nie.”

Hy het gewaarsku dat Amerika verantwoordelik gehou sal word vir enige “onwettige militêre avontuur” waaraan die land deelneem.

Westerse leiers sê egter dat hulle ingestem het om saam te werk om diegene te teiken wat verantwoordelik was vir die aanval in Douma.

Frankryk se president, Emmanuel Macron, sê enige optrede sal gemik wees op die Siriese regering se chemiese fasiliteite.

ABC News berig dat Macron, pres. Donald Trump van Amerika en Theresa May, premier van Brittanje, Dinsdag in telefoniese gesprekke was oor moontlike Westerse optrede om seker te maak dat daar ’n internasionale verbod op chemiese oorlogvoering is

Meer oor:  Sirië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.