Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Russe, verregses saai vrees voor Europese verkiesing
Verkiesingsplakkate word in Rotterdam in die Nederland aangebring. Die Europese parlementêre verkiesing vind van 23 tot 26 Mei plaas. Foto: Getty Images

Rusland werk saam met verregse politieke partye in Europa om vrees te saai in aanloop tot die Europese parlementêre verkiesing, wat van 23 tot 26 Mei plaasvind.

The Daily Beast berig dat die Russe webblaaie gebruik om vrese oor migrasie en oor-regulasie deur Brussel aan te blaas. Die parlementêre verkiesing is deurslaggewend in dié tydstip van Brexit omdat leiers nuwe immigrasieregulasies en Russiese sanksies sal toepas, twee kwessies wat die magsblok verdeel.

Disinformasie word op webblaaie gebruik wat dit vir Europeërs moeilik maak om tussen Russiese propaganda, disinformasie deur die verregses en werklike politiese debatvoering te onderskei.

Volgens die New York Times is ondersoekers van die Europese Unie, akademici en burgerregtegroepe dit eens dat dieselfde taktiek deur die Russe in die Kremlin se inmenging met die Amerikaanse verkiesing in 2016 gebruik is.

Ten spyte van pogings deur Amerikaanse tegnologiemaatskappye om disinformasie op die wêreldwye web hok te slaan, bly dit steeds maklik om valse inligting te versprei.

Die brand vandeesmaand by die Notre Dame in Frankryk word byvoorbeeld voorgehou as die handewerk van Islamitiese terroriste.

Rusland is nie die enigste dryfkrag agter dié taktiek nie. Navorsers het ook op verskeie nabootsers, veral onder verregse groepe, afgekom. Ondersoekers vermoed dat sosialemediaplatforms soos Facebook, Twitter, webblaaie en WhatsApp-groepe gebruik word om valse inligting oor die Europese Unie, Navo en die immigrantekwessie te versprei.

Die brand vandeesmaand by die Notre Dame in Frankryk word byvoorbeeld voorgehou as die handewerk van Islamitiese terroriste, ’n spioenasiediens of ’n geheime agentskap wat die wêreld wil verwoes. Menigmaal is dié valse boodskappe direk van die Russiese nuusmedia afkomstig en word dit deur ander webblaaie nageboots.

Volgens The Independent gebruik populistiese leiers wat simpatiek staan teenoor Rusland hul invloed om onmin in Europa te saai en onsekerheid in demokratiese instellings te bewerkstellig om alles af te breek wat sedert die Tweede Wêreldoorlog tot stand gebring is.

Meer oor:  Verkiesing  |  Russe  |  Populisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.