Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
KYK: Russiese magsvertoon vir ‘grootskaalse konflik’

Rusland het sy grootste militêre oefening sedert die Koue Oorlog gehou waaraan honderdduisende troepe, vir die eerste keer ook Chinese soldate, deelgeneem het.

Navo meen dit is ’n oefening vir “grootskaalse konflik”.

Die spanning tussen die Weste en Rusland bou die laaste tyd op weens onder meer die Skripal-saak in Brittanje.

Missielbote soos die Morshansk wat hier in St Petersburg afgeneem is, sal aan Vostok-2018 deelneem. Foto: Getty Images

Volgens die Russiese ministerie van verdediging is meer as 300 000 troepe, 36 000 tenks, 1 000 vliegtuie en 80 oorlogskepe, asook ondersteuningsvaartuie, betrokke by die massiewe militêre oefening, genaamd Vostok-2018, wat in die ooste van Siberië gehou word, berig Al Jazeera.

Die ministerie het beeldmateriaal uitgesaai van tenks, pantservoertuie, militêre helikopters en vliegtuie.

Die oogmerk is om die weermag se gereedheid te toets deur troepe oor groot afstande te vervoer, asook om vas te stel hoe infanterie met vlootbevelvoerders saamwerk, en hoe om die gesagstruktuur en prosedures te verbeter.

Later sal offensiewe en defensiewe scenario’s geoefen word.

Rusland sê 24 Chinese helikopters en ses vegvliegtuie is in die Russiese lugruim vir die oefening ontplooi.

China sê 3 200 lede van sy weermag neem deel aan die oefening.

Navo, Japan, Suid- en Noord-Korea en Amerika hou die oefening fyn dop. Amerika het ’n sterk militêre teenwoordigheid in Asië.

Die oefening val saam met die ontmoeting tussen pres. Wladimir Poetin van Rusland en sy Chinese eweknie, Xi Jinping, by die Oostelike Ekonomiese Forum in Wladiwostok.

Poetin sê hy het ’n goeie verhouding met China op alle vlakke. Xi sê hulle sal hul bande versterk.

Meer oor:  Navo  |  Wladimir Poetin  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.