Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Russiese kabinet bedank ná Poetin grondwet wil verander

Die volle Russiese kabinet het bedank nadat pres. Wladimir Poetin grondwetlike veranderings voorgestel het wat tot gevolg sou hê dat sy opvolger se magte ingeperk word.

Hy wil hê dat die mag na die premier en die parlement skuif.

Die premier, Dimitri Medwedef, het die aankondiging van die kabinet se bedanking Woensdag op staatstelevisie gedoen.

Volgens RT.com het Poetin Medwedef die pos van adjunkhoof van die veiligheidsraad aangebied en gaan Medwedef dié pos aanvaar. Hy sal in dié pos 'n oog oor verdedigings- en veiligheidskwessies in Rusland hou. 

Die veiligheidsraad is 'n raadgewende liggaam wat onder die president (dus Poetin) se voorsitterskap is. Die raad bestaan uit verskeie ministers, asook verteenwoordigers van die parlement en wetstoepassingsowerhede. 

Poetin het 'n landwye stem voorgestel oor die grondwetlike veranderings wat hy wil hê, berig Reuters.  Dié veranderinge sal ook verseker dat hy steeds sy mag kan uitoefen wanneer hy die Kremlin moet verlaat.

Poetin is reeds sedert 1999 in beheer as president óf premier en hy moet na verwagting die tuig in 2024 neerlê wanneer sy vierde presidensiële termyn eindig. Hy het nog nie aangedui wat sy planne is nadat hy uitgetree het nie, maar met die huidige grondwet, wat 'n verbod plaas op meer as vier opeenvolgende termyne as president, word Poetin verbied om weer aan die presidensiële wedloop deel te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.