Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Russiese ventilators ondersoek ná 6 sterf in brande

Ondersoek word ingestel na die veiligheid van Russies vervaardigde ventilators nadat ses mense gesterf het in brande in hospitale waar dié masjiene gebruik is.

Vyf mense is Dinsdag in die St. George-hospitaal in St. Petersburg dood. Vier van hulle was in die waakeenheid.

’n Bron het aan die nuusagentskap Tass gesê die brand het uitgebreek toe ’n ventilator in die saal aan die brand geraak het. Nog iemand is Saterdag in ’n soortgelyke brand in ’n hospitaal in Moskou dood.

Die organisasie wat toesig hou oor gesondheidsorg in die land, sê hy ondersoek die gehalte en veiligheid van die ventilators, terwyl die hospitaal in St. Petersburg die gebruik van die ventilators eers gestaak het.

Die vervaardiger het mense aangemoedig om nie te gou gevolgtrekkings te maak nie.

Van dié ventilators, die Aventa-M, is aan die begin van April na Amerika gestuur om daar met die behandeling van Covid-19-pasiënte te help.

Die ventilators is egter nooit na die hospitale in Amerika gestuur nie, het Janet Montesi, ’n woordvoerder van die Amerikaanse federale agentskap vir noodhulp, gesê.

Die masjiene is afgelewer in New York en New Jersey, die Amerikaanse state wat die ergste deur die virus getref is, maar met die afplatting van die kurwe was die ventilators nie meer nodig nie, het sy gesê.

Die ventilators sal nou aan die Federale Noodbestuuragentskap (Fema) teruggestuur word. Hulle sal daarna besluit wat om daarmee te doen, het Montesi gesê.

Datakenners en sommige medici sê baie masjiene wat buite Rusland se groot stede gebruik word, is oud, maar volgens Tass is die ventilators in St. Petersburg nuut en vandeesmaand geïnstalleer.

Die maatskappy wat die ventilators vervaardig het, beweer dat dit al die nodige toetse geslaag het en sedert 2012 sonder enige veiligheidsprobleme in Rusland gebruik word. Reuters

Meer oor:  St. Petersburg  |  Sterf  |  Ventilators  |  Brande  |  Hospitale  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.