Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
3 van SA in hospitaal ná ontploffing in Egipte

Drie Suid-Afrikaners is met beserings in die hospitaal in Egipte opgeneem nadat die toerbus waarin hulle was Sondag in ’n ontploffing naby die piramides in Giza, Kaïro, beskadig is. 

Die toneel kort nadat ’n 12 mense, die meeste na bewering Suid-Afrikaners, in Egipte beseer is toe ’n ploftoestel afgegaan het. Foto: Reuters

Benewens die bus is ’n motor beskadig nadat ’n ploftoestel naby die twee voertuie afgegaan het.

Vier Egiptenare wat in die motor was, is beseer.  

Rania A. Al-Masjat, Egipte se minister van toerisme, het die voorval ’n “klein ontploffing” op Twitter genoem.

“Ons kan bevestig dat van die 28 buspassasiers lig beseer is en drie as voorsorgmaatreël in die hospitaal opgeneem is,” lui haar twiet. 

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerkende regering (Dirco) sê in ’n verklaring altesaam 25 van die passasiers op die bus was Suid-Afrikaners. 

Buiten die gehospitaliseerde Suid-Afrikaners sal die res van die toergroep Maandag na Suid-Afrika terugkeer, lui die verklaring. 

“Dirco se beradingsdienste is in aanraking met belangegroepe en families. Lindiwe Sisulu, minister van Dirco, wens almal ’n spoedige herstelproses toe. Die minister het die ambassadeur in Egipte opdrag gegee om die nodige ondersteuning te verleen,” lui die verklaring. 

Die ontploffing het ’n paar honderd meter van die Groot Egiptiese Museum gebeur. Die museum is nie in die ontploffing beskadig nie, sê die departement van antieke ware in ’n verklaring. 

Die museum word gebou as deel van Egipte se pogings om toerisme na die land te bevorder. 

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie, berig Reuters. Egiptiese veiligheidsmagte is in ’n stryd gewikkel teen Islamitiese militante, waarvan sommiges bande met Isis het.

’n Ambulans het kort ná die ontploffing beseerdes na ’n hospitaal gebring. Foto: Reuters
Die polisie ondersoek die motor en bus wat Sondag in die ontploffing beskadig is. Foto: AP
’n Paramide naby die toneel van die ontploffing.Foto: Reuters
Glasstukke op ’n sitplek van die beskadigde bus.Foto: Reuters
Die bus en motor wat in die ontploffing beskadig is. Foto: Reuters
Meer oor:  Egipte  |  Ontploffing  |  Toeriste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.