Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA chirurg vermis in Sirië

’n Suid-Afrikaanse chirurg wat voorheen al weens ekstremistiese bande in hegtenis geneem is, is sover vasgestel kan word die afgelope week in Sirië dood. Sy 12-jarige seun, wat saam met hom was, is vermis en moontlik dood.

Dr. Feroze Ganchi (48) van Durban is reeds die afgelope drie jaar saam met sy vrou, Saffiya, ’n psigiater, in Sirië.

Volgens dr. Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers het Saffiya en haar 13-jarige dogter die afgelope week in die Al Hol-vlugtelingkamp by Baghouz in die noordooste van Sirië aangekom. Die meeste van die terreurgroep Isis se simpatiseerders word in dié kamp aangehou. Die kamp is in Koerdiese gebied en die vlugtelinge kan nie na willekeur kom en gaan nie.

Sooliman sê direkte kontak met Saffiya kon nog nie bewerkstellig word nie. Boonop het Feroze onder ’n skuilnaam na Sirië gereis.

“Sover ons weet, was Feroze en sy vrou in Sirië om beseerdes te behandel. In die kamp is nog minstens drie volwasse Suid-Afrikaners en vier kinders. Nog ’n Suid-Afrikaanse vrou en haar drie kinders is onderweg soontoe.

“Een van die vroue se man en seun is reeds sedert Desember 2017 vermis. Hulle is nog nie toegelaat om na Suid-Afrika terug te keer nie.”

Luidens vroeëre berigte is die vrou met die vier kinders Sadaah Modise (45), voorheen van Orange Farm in Johannesburg. Haar man, Patrick (41), en 14-jarige seun is vermis. Haar vyfde kind is blykbaar in die kamp dood.

“Daar is nog onbevestigde berigte dat ’n Suid-Afrikaanse vrou, haar ses kinders en ’n jong man in Damaskus aangehou word. Ons vermoed daar is nóg Suid-Afrikaners.”

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder vir die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), sê hulle is bewus van die gerugte oor Feroze en sy seun se dood.

Mabaya sê dit is Dirco se beleid dat elke geval van ’n terugkerende Isis-simpatiseerder op meriete hanteer word.

Sooliman sê die omstandighede in Al Hol is haglik omdat die internasionale gemeenskap nie hulp bied nie weens die aangehoudenes se Isis-verbintenis.

Meer oor:  Imtiaz Sooliman  |  Sirië  |  Gift Of The Givers  |  Verdwyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.