Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA model kry glo $15 m. van Libanese eerste minister

Die Suid-Afrikaanse model Candice van der Merwe het glo ongeveer $15 miljoen van Saad Hariri, die Libanese eerste minister, as geskenk ontvang.

Die Libanese eerste minister, Saad Hariri, en die Suid-Afrikaanse model Candice van der Merwe. Foto: Business Insider SA

The New York Times het dié bewering vandeesweek op grond van hofdokumente gemaak.

Van der Merwe is in ’n uitgerekte regstryd met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gewikkel oor die “skenking” van $15.3 miljoen wat sy in 2013 van Hariri ontvang het.

Dié bedrag was destyds gelykstaande aan sowat R150 miljoen.

Volgens Mail & Guardian het Van der Merwe in daardie stadium nie Hariri se identiteit bekend gemaak nie en het sy gesê dat sy assistent, Mahomed Rawas, verantwoordelik was vir die skenking.

City Press berig Van der Merwe het in 2016 ingestem om R44 miljoen se belastinggeld ná die hofsaak te betaal. In 2018 het sy die nasionale tesourie vir R1 miljard gedagvaar vir die beweerde skade wat die saak aan haar reputasie aangerig het.

Dit blyk uit hofstukke dat dit wel Hariri was wat vir haar die geld gegee het.

Van der Merwe beweer sy het Hariri in 2012 by The Plantation-klub en -vakansieoord in die Seychelle ontmoet. Sy was toe 20 en Hariri 43. Hy was getroud en het drie kinders.

Hy het in 2016 eerste minister van Libanon geword.

Volgens Mail & Guardian beweer Van der Merwe dat die vakansie ten volle betaal was en dat sy gevra is om “glans en eksklusiwiteit daaraan te verleen”.

Van der Merwe beweer modelle se paspoorte is van hulle weggeneem toe hulle by die oord aangekom het. Sy sê dat hulle geen foto’s mag geneem het of stories mag vertel het van wat tydens die vakansie gebeur het nie.

Die eerste twee keer toe sy die Seychelle besoek het, het sy in ekonomiese klas gevlieg. Daarna het sy in besigheidsklas of eersteklas gevlieg.

In ’n e-pos aan Hariri, wat deur The New York Times gesien is, skryf Van der Merwe “Lief vir jou, my Saad”. Hiermee saam was haar bankbesonderhede en het sy bygevoeg dat sy van plan is om die geld in eiendom te belê. Kort hierna is die $15.3 miljoen vanaf ’n Libanese bank na haar rekening oorgeplaas.

Volgens The New York Times het die SAID geglo die skenking was geld wat aan haar pa, die sakeman Gary van der Merwe, behoort het. Volgens die koerant het hy al verskeie hofgedinge met belastingowerhede gehad.

In die hofdokumente van 2018 het Van der Merwe die SAID die skuld gegee dat haar verhouding met Hariri tot niet is – ’n verhouding waaruit sy beweer sy steeds finansiële voordeel kon trek.

’n Dreigende finansiële krisis bestaan steeds in Libanon en plaas Hariri, wie se persoonlike netto rykdom volgens Forbes sedert 2013 met meer as $500 miljoen tot $1.5 miljard gedaal het, onder geweldige druk.

- Business Insider

Meer oor:  Candice Van Der Merwe  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.