Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA regering bekommerd oor nuwe bande tussen Israel, VAE

Die Suid-Afrikaanse regering het sy kommer uitgespreek nadat Israel en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ooreengekom het om nuwe bande te smee.

“Terwyl die VAE die soewereine reg het om diplomatieke betrekkinge met die regering van Israel aan te gaan, is dit betreurenswaardig dat dit gedoen is op grond van nog ’n ooreenkoms wat verband hou met die lot van die Palestynse volk sonder dat hulle daarby betrek word,” het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in ’n verklaring gesê.

Ter illustrasie. Foto: Reuters

Volgens die departement is die meeste lande gekant teen die besetting van die Wesoewer deur Israel omdat dit ’n oortreding van internasionale reg sou wees.

“Die ooreenkoms tussen Amerika, die VAE en Israel beteken ’n tydelike opskorting van die besetting (van die streek) wat as ’n diplomatieke deurbraak gevier word. Die ooreenkoms verbind Israel egter nie daartoe om op te hou met sy planne om sy soewereiniteit oor Palestynse gebiede en dié mense verder uit te brei nie.

“Die ooreenkoms verbind die regering van Israel ook nie tot onderhandelinge binne die internasionaal ooreengekome riglyne nie,” meen die departement.

Die Suid-Afrikaanse regering het weer die oortuiging uitspreek dat enige inisiatief met die oog op die oplossing van die konflik in die Midde-Ooste ook die behoeftes en strewes van die Palestynse volk in ag moet neem.

Reuters berig met die ooreenkoms, waarby pres. Donald Trump van Amerika ook betrokke was, stem Israel in om sy beoogde besetting van gebiede aan die Wesoewer op te skort. Die VAE is die eerste land aan die Arabiese Golf wat so ’n ooreenkoms met Israel sluit.

Afgevaardiges van Israel en die VAE sal in die komende weke vergader om ooreenkomste te onderteken rakende beleggings, toerisme, regstreekse vlugte, veiligheid, telekommunikasie en ander gemeenskaplike sake.

Meer oor:  Vae  |  Israel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.