Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA ruiters hou asem op oor orkaan Florence

’n Pa en dogter van Fraserburg in die Groot-Karoo hoop om Woensdag in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina in die pad te val om Suid-Afrika te verteenwoordig in die uithourit op die FEI World Equestrian Games (WEG).

Odet en Dirk van Wyk. Foto: Verskaf

Dirk en Maia van Wyk het sowat ’n week gelede reeds na die VSA vertrek om by hul dogter, Odet, aan te sluit en hul perde gereed te kry vir dié uitdagende uithourit oor 160 km.

Deelnemers moet hierdie afstand met een perd op een dag aflê en elke span bestaan uit vier lede. Die ander lede van die Suid-Afrikaanse span vir die uithourit is Eoné Willemse en Lutri van der Merwe. Daar word in spanverband meegeding, asook individueel.

Meer as 800 perde uit 70 lande gaan oor die volgende week of wat in verskillende dissiplines by die Tryon International Equestrian Center teen mekaar meeding.

Berigte oor orkaan Florence, wat intussen tot ’n kategorie-5 storm opgegradeer is, stem die deelnemers aan die WEG onrustig.

“Dit het laas nag gereën en dit maak die baan baie glad,” het Van Wyk gesê.

Volgens hom is daar oral weerstasies opgerig om die ontwikkeling van die weerstelsels te monitor.

“Die stelsel beweeg stadig en ons hoop om klaar te ry voordat iets hier gebeur. Ons weet nie hoe dit vliegtuigskedules gaan raak nie, maar dit is nie vandag se probleem nie.”

Volgens die WEG se webtuiste wat Maandag om 19:15 opgedateer is (01:15 Dinsdag SA tyd) hou hulle ’n fyn oog op die orkaan.

“Ons berei ons voor op die moontlikheid dat die orkaan gure weer gaan meebring en het strategiese en noodplanne gereed vir die deelnemers én hul perde.”

In die geval van slegte weer wat onmiddellike optrede vereis, het ons ’n behoorlike plan vir ontruiming.

Volgens die WEG het van hul geboue verskeie verdiepings en is hul permanente stalle baie veilig.

“In die geval van slegte weer wat onmiddellike optrede vereis, het ons ’n behoorlike plan vir ontruiming.”

Indien als verloop soos dit moet en Florence nie die WEG en die uithourit in die wiele ry nie, sal die Van Wyks en die res van die span Woensdag omstreeks 06:30 (omstreeks 12:30 SA tyd) wegspring.

Volg die SA span se vordering op Facebook.

Meer oor:  Florence  |  Noord-Carolina  |  Orkaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.