Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA toeriste beseer in bomontploffing in Egipte
Mense staan om die toerbus wat Sondagaand deur ’n bom naby die Giza-piramides geruk is.Foto: Reuters
Die busruite is of weens die krag van die ontploffing uitgeruk of gekraak. Foto: Reuters
Glassplinters lê in die binnekant van die toerbus.Foto: Reuters

Suid-Afrikaanse toeriste is Sondag beseer in ’n bomontploffing naby die piramides in Giza, Egipte.

Niemand is in die ontploffing dood nie.

Minstens 12 mense is in die ontploffing beseer, berig Reuters. Sewe van dié beseerdes is glo Suid-Afrikaners. 

Een bron het aan Reuters gesê Suid-Afrikaners is onder die beseerdes.

Die toerbus was naby ’n nuwe museum wat naby die Giza-piramides gebou word.

In Desember is drie Viëtnamese toeriste en ’n Egipitiese gids in ’n bomontploffing dood minder as 4 km van die Giza-piramides.

Meer oor:  Egipte  |  Bomontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.