Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA, VSA teken hoogste getal sterftes aan

Suid-Afrika en Amerika het Woensdag hul hoogste getal sterftes aan Covid-19 op een dag aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in sy jongste verklaring bevestig 806 nuwe sterftes is aangemeld, wat die hoogste sterftesyfer nóg in die daaglikse verslae van die nasionale departement van gesondheid is.

Gesondheidswerkers Maandag by ’n ambulans in die parkeerterrein van die Steve Biko- Akademiese hospitaal in Pretoria. Foto: Reuters

Die vorige dag se sterftesyfer van 755 was in daardie stadium ook die hoogste.

Uit die 1 278 303 kumulatiewe gevalle in Suid-Afrika is 35 140 mense dood en 1 030 930 het reeds herstel. Die herstelkoers is dus 80,6%. Daar is 212 233 aktiewe gevalle in die land.

Intussen het Amerika sy donkerste dag nog beleef wat Covid-19-sterftes betref.

Die land het Woensdag sy hoogste getal sterftes op een dag aangemeld – 4 327, volgens die Johns Hopkins-Universiteit.

Die gemiddeld oor die afgelope week is 3 300 sterftes per dag.

Meer as drie miljoen nuwe gevalle is in die eerste 13 dae van 2021 in Amerika aangemeld. Meer as 23 miljoen mense in Amerika het reeds die virus opgedoen, berig CNN. Dit is ’n miljoen nuwe infeksies as vier dae gelede, volgens die data van die Johns Hopkins-Universiteit.

Kenners meen grootskaalse inentings en die warmer weer beteken die prentjie kan binnekort beter begin lyk.

Intussen het die span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) wat die oorsprong van die koronavirus ondersoek, Donderdag in China aangekom.

Die staatsuitsaaier, CGTN, berig lede van die span is eers vir die virus getoets en sal in kwarantyn wees voordat hulle met hul werksaamhede kan begin.

Gesondheidswerkers by die St. Mary-hospitaal in Apple Valley, Kalifornië, prioritiseer pasiënte volgens die erns van hul toestand in een van die tente wat buite die hospitaal opgerig is. Foto: Reuters
Peter Ben Embarek, ’n lid van die WGO se span, klim op ’n bus by die Wuhan Tianhe-internasionale lughawe. Foto: Reuters

Die groep is verlede week verhoed om China binne te gaan, omdat die nodige toestemming nie verkry is nie, het die WGO gesê.

Amptenare van die WGO onderhandel reeds vir maande dat dié wetenskaplikes uit verskillende lande toegang kry tot die plekke waar die virus aan die einde van 2019 uitgebreek het om vas te stel hoe dit waarskynlik van ’n ongeïdentifiseerde spesie na mense oorgedra is.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Amerika  |  Covid-19  |  Rekordsterftes  |  Tweede Vlaag  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.