Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Saluut vir stad(t)ige pas ten goeie doel
Kapt. Tom Moore (99) Foto: AP

Kapt. Tom Moore, ’n 99-jarige Britse veteraan van die Tweede Wêreldoorlog, het die beloofde 100 heen-en-weerstaptogte in sy tuin gister voltooi om daardeur niks minder nie as £12 miljoen (sowat R280 miljoen) vir die openbare gesondheidsdiens in Brittanje (NHS) in te samel.

Hierdie geld is deur skenkings ingesamel en Moore se poging het groot vreugde te midde van die neerslagtigheid in sy Covid-19-geteisterde land gebring.

“Vir al daardie mense wat dit op die oomblik moeilik vind: Die son sal weer op jou skyn en die wolke sal verdwyn,” het Moore, soos altyd deftig geklee in ’n das en baadjie met sy oorlogmedaljes op die bors vasgespeld, gesê nadat hy sy staptog voltooi het.

Die afgetrede kaptein van die Britse leër het sy selfopgelegde staptog in ’n loopraam aangepak. Hy gebruik dié hulpmiddel sedert hy geval en sy heup gebreek het. Hy het homself die taak opgelê om 100 keer 25 m op ’n slag deur sy tuin te loop voordat hy op 30 April 100 jaar oud word.

Hy het gister sy staptog voltooi te midde van lofsange oor die land heen – en selfs salute deur die soldate in die regiment wat syne vervang het.

Sy familie het gedink hy sal nie meer as £1 000 só insamel nie, maar sy poging het die Britse publiek se verbeelding aangegryp en sowat ’n kwartmiljoen mense het dit op sosiale media gevolg.

Moore, wat in Yorkshire, in die noorde van Engeland, gebore is, het in die Tweede Wêreldoorlog in Indië, Birma en Sumatra diens gedoen.

“Julle moet almal onthou dat ons op die ou einde hierdeur sal kom, alles sal regkom, dit mag dalk tyd neem. Opdie ou end sal ons almal­ weer oukei wees,” sê Moore.

Hy sê hy is geïnspireer deur die versorging wat hy van die Britse staatsgesondheidsdiens ontvang het toe hy sy heup gebreek en toe hy vir kanker behandel is. Reuters

Meer oor:  Brittanje  |  Tuin  |  Veteraan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.