Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Samesprekinge tussen VSA, Noord-Korea skielik gestaak

Noord-Korea en Amerika se samesprekinge oor ontwapening is Saterdag in Swede skielik opgeskort.

Kim Myong Gil, Noord-Korea se hoofonderhandelaar oor ontwapening, sê Amerika wil nie sy siening en houding verander nie.

Dié samesprekinge in Swede is die eerste gesprek sedert pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, se tweede beraad oor ontwapening in Februarie in Viëtnam ook skielik gestaak is.

“Die onderhandelinge het nie aan ons vereistes voldoen,” het Kim Myong Gil gesê, nadat hy en sy span reeds Donderdag in Swede aangekom het.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake meen egter die opmerkings is nie in ooreenstemming met wat in die agt en ’n half uur van onderhandelinge plaasgevind het nie en sê Amerika het Swede se uitnodiging aanvaar om weer oor twee weke terug te keer na die onderhandelingstafel.

Morgan Ortagus, woordvoerder vir die Amerikaanse departement van buitelandse sake, sê Amerika het met kreatiewe idees vorendag gekom en ’n goeie bespreking met Noord-Korea gehad.

“Amerika en Noord-Korea sal nie ’n nalatenskap van 70 jaar se oorlog en vyandigheid sommer op ’n Saterdag kan uitsorteer nie,” sê Ortagus.

Sy sê albei lande sal moet vasbyt en toegewyd wees.

Noord-Korea sê op hul beurt Amerika het vir hom belowe om buigsaam te wees.

“Hulle het ons egter diep in die steek gelaat en ons entoesiasme laat afneem omdat hulle nie nuwe voorstelle het nie,” sê Kim Myong Gil.

Hy sê al is Amerika blykbaar nie van plan om dinge uit te praat nie, meen hy ontwapening is steeds moontlik.

Amerika sukkel sedert Junie om Noord-Korea te oortuig om weer te onderhandel.

Die twispunt is dat Noord-Korea volgens Amerika “onaanvaarbare” eise stel oor die opskorting van sanksies, hoewel Noord-Korea dit ontken. – Reuters


Meer oor:  Swede  |  Noord-Korea  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.