Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA'ner op Everest vas, klim sonder om te betaal
’n Boete van meer as R300 000 staar Ryan Sean Davy van Johannesburg in die gesig nadat hy Everest sonder die nodige permitte probeer klim het. Foto: Facebook
Ryan Sean Davy op Everest. Hy deel mooi foto’s van sy onwettige ekspedisie op Facebook. Foto: Facebook
Ryan Sean Davy van Johannesburg ten tyde van sy Everest-ekspedisie oor een van die gletsers.Foto: Facebook

’n Suid-Afrikaanse avonturier kan met sowat R300 000 beboet word nadat hy Everest onwettig probeer klim en in ’n grot vir amptenare weggekruip het.

Ryan Sean Davy van Johannesburg het die £8 500 (sowat R150 450) wat betaal moet word om die hoogste piek ter wêreld te klim, probeer ontduik.

Volgens die Daily Mail  het Nepalese amptenare Davy in sy wegkruipplek, in ’n grot meer as 20 000 vt. (6 096 m) bo seespieël, gekry.

Hulle het hom beveel om van die berg af te kom, sy paspoort gekonfiskeer en hom met £17 000 (R300 900) beboet.

Buitelanders moet die Nepalese regering £8 500 betaal om toestemming te kry om die piek van 29 030 vt. (sowat 8 848 m) te klim.

Dit is baie ongewoon vir buitelandse klimmers om Everest alleen aan te pak. Hulle word meestal vergesel deur minstens een gids en ’n groot ondersteuningspan by die basiskamp.

Davy kan tot vyf jaar uit Nepal verban word.

Michele Whitehead, een van Davy se Facebook-vriendinne, het Dinsdagoggend op sy profiel geskryf dat hy “waarskynlik in die tronk sal bly totdat alles opgeklaar is”.

“Mohan, ’n vriend in Nepal, het voorgestel dat ons die konsulaat in Nepal kontak,” lui haar inskrywing.

Davy het aan Traveller24 gesê dat hy op ’n selfondersoeksending was om sy lewensdoel te vind. Daarom wou hy die wêreld se hoogste piek uitklim “voordat hulle ’n trap tot heel bo bou”.

“Ek kon nie die permit bekostig nie. En al sou ek kon, sou hulle dit geweier het, want ek het geen vorige bergklimondervinding nie,” sê hy.

“Die owerheid kan my vryheid wegneem, maar nie die ondervinding nie. Dit is vir altyd in my siel ingeprent.”

Meer oor:  Nepal  |  Onwettig  |  Boete  |  Everest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.