Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA’ners deur diep water om mekaar in Texas te help
Vian Janse van Rensburg, ’n Suid-Afrikaner wat saam met sy gesin in Katy, Texas, woon, neem die gesin se honde, Jess en Oscar, met sy suster, Mia, se opblaas-swaan na veiligheid nadat hul huis in die tropiese storm Harvey oorstroom is. Foto: Verskaf

“Die Suid-Afrikaanse gemeenskap hier in Texas is ongelooflik!”

Só sê Adri Janse van Rensburg wat saam met haar gesin in Katy, naby Houston, in die stormgeteisterde Amerikaanse deelstaat Texas, woon.

“Hier is ’n groot klomp van ons Suid-Afrikaners. Ons hou mekaar op hoogte van wat gebeur, praat mekaar moed in en help mekaar waar moontlik.

“Dié wat kan, ry ander se goed na skuilings aan.

“Een van my Suid-Afrikaanse vriendinne het Dinsdag saam met die ouens in vullislorries deur Katy se strate gery en drinkwater aan mense uitgedeel.

“Hulle het ook mense wat vasgekeer was, opgelaai,” het Janse van Rensburg uit New York laat weet waar haar dogter, Mia, studeer.

Weens die verwoestende tropiese storm Harvey kon sy nog nie na Texas terugkeer nie.

Haar man, Adriaan, en seun, Vian, het by die huis agtergebly.

Janse van Rensburg sê voordat die storm Texas getref het, het hulle onder meer ’n voorraad water, kos en batterye bymekaar gemaak.

Die gesin het vroeër in Johannesburg gewoon.

“Met die reën wat nie opgehou val het nie, moes die stadsingenieurs noodgedwonge water uit twee opgaardamme loslaat voordat dit sou breek.

Terwyl Vian die opgeblaasde swaan deur die water gesleep het, het hy het soos ’n cowboy ‘yeeehaww!’ geskree.
Adri Janse van Rensburg

“Die water het bly terugstoot en uiteindelik ons buurt begin oorstroom.

“Adriaan-hulle het alles wat hulle nodig gehad het, na die boonste vlak van die huis geneem. Binne enkele ure het die situasie versleg.

“Die toilette kon nie meer spoel nie, en al het hulle nog elektrisiteit gehad, het dit te gevaarlik begin raak want die water het by die motorhuis begin inkom.

“Hoewel hulle nie in lewensgevaar was nie, het hulle Dinsdagoggend besluit om ’n ander Suid-Afrikaner, Jaco Smit, se uitnodiging te aanvaar om by hom en sy gesin se huis verder daarvandaan te gaan oorbly,” sê Janse van Rensburg.

“Hulle het Mia se goue opblaas-swaan opgeblaas en die gesin se twee honde, Jess en Oscar, daarop laat sit om hulle sowat 1,6 km verder na veiligheid te bring.

Op plekke was die water borshoogte diep.

“Terwyl Vian die opgeblaasde swaan deur die water gesleep het, het hy het soos ’n cowboy ‘yeeehaww!’ geskree,” sê sy ma.

Ander mense het die twee Janse van Rensburgs met klein opblaasbootjies gehelp om kos en rugsakke daar op te laai.

“Van die mense by die skuilings het met net hul sopnat klere daar aangekom,” sê Janse van Rensburg.

Meer oor:  Houston  |  Texas  |  Vloede  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.