Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
SA’ners in VSA: ‘Die lewe gaan aan’
Renate McNulty, oorspronklik van Hermanus, haar man, Steve, en hul seun, Johannes. Foto: Verskaf

Vir sommige Suid-Afrikaners wat in Amerika woon, gaan die lewe soos normaal voort, ander word ál meer bewus van ’n verdeeldheid terwyl spanning tussen dié land en Iran uitkring.

Renate McNulty, oorspronklik van Hermanus in die Wes-Kaap, is met ’n Amerikaner, Steve, getroud en hulle woon reeds 20 jaar aan die kus van Hilton Head Island, Suid-Carolina. Hulle het ’n seun, Johannes.

McNulty sê verdeeldheid heers in hul sirkels.

“Die helfte van die mense is bekommerd oor die nagevolge van die president se besluit en die ander helfte glo hy het die regte ding gedoen (om Iran se genl.maj. Kassem Soleimani te vermoor).”

Dan is daar ook gemengde gevoelens.

“Dit is hartseer as jy sien hoe Suid-Afrikaners gebreinspoel word oor Trump.”

Sy sê CNN het ’n agenda om hom af te takel omdat dit liberaal-gedrewe is.

“Trump het ongelooflike werk gedoen deur ’n terroris te laat uithaal. As dit Obama was, het almal hom geprys.”

Dit is hartseer as jy sien hoe Suid-Afrikaners gebreinspoel word oor Trump.
Renate McNulty, voormalig van Hermanus
Johannes Slabbert, ’n pastoor van Victoria-Wes wat reeds 17 jaar in Cowley, Wyoming, saam met sy vrou en vyf kinders woon. Foto: Verskaf

Johannes Slabbert, ’n pastoor van Victoria-Wes in die Karoo wat nou saam met sy vrou en vyf kinders in Cowley, Wyoming, woon, sê hy is trotser as ooit op Amerika.

“Amerika is steeds die kragtigste land. Ons is trots op ons weermag en ons glo in hulle, dus gaan ons dag-tot-dag-lewe voort soos altyd.”

Hy sê Wes-Virginia en Noord-Carolina is groot pro-Trump-gebiede.

“Hoe nader jy aan die stede beweeg, hoe verder is die mense van die werklikheid en probeer hulle te kenne gee dat Trump nie groot aanhang het nie.”

Elrita Blanckenberg, oorspronklik van Durbanville, sê in dié stadium is die krisis meer media-gedrewe.

Hulle het twee jaar gelede na Amerika geëmigreer en woon nou in Franklin, Kentucky.

“Ons was Sondag in die kerk en niemand het dit eens genoem nie. Die wêreld is angstig daaroor, maar ons ervaar dit nie in ons daaglikse lewe nie.”

Haar man boer in Franklin en voer plaaswerktuie in en uit.

“Ek dink nie dit is iets om oor bekommerd te wees as jy hierheen wil reis nie.

“Ons lewe gaan soos normaal voort.”

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  Irak  |  Oorlog  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.