Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Saoedi-skieter ‘haat Amerikaners’
lugmagskieter
Mohammed Saeed Alshamrani, die Amerikaanse lugmaglid wat glo drie mense op 'n lugbagbasis in Pensacola, Florida, doodgeskiet het. Die FBI het dié ongedateerde foto van hom beskikbaar gestel. Foto: Reuters

Te midde van kritiek dat Amerika nog nie na ’n Saoedi-Arabiese luitenant se aanval op ’n Amerikaanse vlootbasis as ’n terroriste-aanval verwys het nie, blyk dit dat hy op sosiale media geskryf het dat hy Amerikaners weens “misdade nie net teen Moslems nie, maar teen die mensdom” haat.

Rachel Rojas, spesiale agent van die FBI in beheer van die ondersoek, het Maandag gesê die motief vir lt. Mohammed Saeed Alshamrani (21) se aanval is nog nie bekend nie.

Hy het Vrydagoggend in ’n klaskamer op die Pensacola-vlootbasis met ’n Glock 9 mm-pistool losgebrand. Drie mense is dood en agt beseer. Hy het die wapen elders in Florida wettig gekoop.

“Ons werk hard daaraan om ’n motief vas te stel en vra geduld sodat ons dit kan doen. Altesaam 80 spesiale agente van die FBI, 100 ondersteuningspersoneel en talle ander ondersoekers van die vloot en ander federale agentskappe is by die ondersoek betrokke.”

Volgens ’n groep wat ekstremistiese groepe volg, het Alshamrani Amerika se oorloë in hoofsaaklik Moslemlande gekritiseer en slegs ure voor die aanval die Al Kaïda-leier Osama bin Laden op Twitter aangehaal.

Bin Laden is jare gelede deur Amerika om die lewe gebring.

Alshamrani het in Engels geskryf dat hy Amerikaners haat en hy het Washington se steun aan Israel gekritiseer.

Verteenwoordigers van Florida in die Amerikaanse kongres het pres. Donald Trump gekritiseer omdat hy die voorval nog nie ’n terroriste-aanval genoem het nie.

Ron DeSantis, goewerneur van Florida, het Sondag gesê hy glo dit was ’n terroristedaad.

“Hy (Alshamrani) het ’n diepgesetelde haat vir Amerika. Ons moet baie versigtig wees met die buitelanders wat ons inbring,” het DeSantis gesê.

Hy (Alshamrani) het ’n diepgesetelde haat vir Amerika. Ons moet baie versigtig wees met die buitelanders wat ons inbring.

Rojas het gesê Alshamrani het op sy eie opgetree. Die ander Saoedi-Arabiere wat saam met hom opgelei word, gee hul samewerking en word tans in opdrag van hul eie land tot die basis beperk.

Die groep het ’n opleidingsprogram bygewoon wat ten doel het om bande met bondgenootlande te versterk. Alshamrani was die afgelope 18 maande in Pensacola.

Rojas het die Saoedi-Arabiese koninkryk vir sy samewerking bedank.

Trump het Saterdag gesê koning Salman en kroonprins Mohammed bin Salman is “platgeslaan” oor die gebeure en het aangebied om die gesinne van die slagoffers te help.

Reuters berig dat die egtheid van die Twitter-rekening @M&MD_SHAMRANI, waarop die haatopmerkings teen Amerikaners gemaak is, vasgestel kon word nie. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.