Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Saoedi’s ontken hulle het Jeff Bezos se foon gekraak

Saoedi-Arabië se ambassade in Amerika het Woensdag berigte dat dié land ’n virus op Jeff Bezos, Amazon-grootbaas, se foon geplant het, as “absurd” afgemaak.

Die Britse koerant The Guardian het Dinsdag berig Saoedi-Arabië is verantwoordelik vir die 2018-voorval.

Reuters berig ook dat daar volgens amptenare van die Verenigde Nasies (VN) “genoeg bewyse is dat die koninkryk Bezos se foon binnegedring het” en dat Amerika die saak behoort te ondersoek. Onafhanklike kenners wat die VN geraadpleeg het, erken die saak is nie waterdig nie, maar sê die bewyse is sterk genoeg om verdere ondersoek te regverdig, berig Reuters.

Jeff Bezos, Amazon-grootbaas Foto: Reuters

The Guardian berig Bezos se foon is in 2018 binnegedring nadat hy ’n boodskap van kroonprins Mohammed bin Salman se persoonlike foon gekry het. Daar was glo ’n virus in die boodskap wat daartoe gelei het dat baie van Bizos se data gesteel is.

Die Saoedi-ambassade skryf op Twitter die voorval moet ondersoek word sodat die feite aan die lig kan kom.

Amazon het nie kommentaar oor die beweringe gelewer nie.

Die verhouding tussen Bezos en die Saoedi-regering het aansienlik versuur nadat The Washington Post, wat aan Bezos behoort, berig het oor Saoedi-Arabië se betrokkenheid by die dood van die joernalis Jamal Khashoggi. Khashoggi het vir die Post geskryf.

Nadat private boodskappe van Bezos destyds aan ’n skinderkoerant uitgelek is, het Bezos se hoof van veiligheid gesê Saoedi-Arabië het toegang tot Bezos se foon en private inligting gekry.

Saoedi-Arabië het dit destyds ook ontken.

Meer oor:  Jeff Bezos  |  Saoedi-Arabië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.