Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Schiphol weens valse ‘kaping’ gesluit
Die Schiphol-lughawe in Amsterdam is tydelik gesluit nadat ’n vlieënier per ongeluk laat weet het sy vliegtuig word gekaap. Foto: Reuters

Die Schiphol-lughawe in Amsterdam, Nederland, is Woensdag tydelik gesluit nadat ’n vlieënier per ongeluk ’n kapingswaarskuwingsein geaktiveer het.

Die vlieënier het per ongeluk ’n alarmsein in die stuurkajuit geaktiveer wat aandui dat ’n vliegtuig gekaap word of dat daar ’n gyselaarsdrama is, waarna die lughawe gesluit is.

Air Europa het getwiet dat dié alarm per ongeluk geaktiveer is, waarna hulle passasiers in kennis gestel het dat niks gebeur het nie.

“Niks het gebeur nie, al die passasiers wag om te vlieg. Ons is so jammer,” lui die verklaring.

Dele van die lughawe is ontruim, sowel as die treinstasie. Die nooddienste is ook na die toneel uitgeroep, ’n spesiale taakmag is ontplooi en twee lugambulanse is na die toneel gestuur, berig The Guardian.

Dié vlug moes van Amsterdam na Madrid, Spanje, vertrek.

Die Schiphol-lughawe is een van die besigste lughawens in Europa. – Reuters

Meer oor:  Amsterdam  |  Nederland  |  Vals Alarm  |  Schiphol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.