Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Seksdade: Hof beslis kerklike is onskuldig

Die Vatikaan se voormalige tesourier, wat reeds 404 dae in die tronk deurgebring het, is in Australië vrygespreek op aanklagte van seksuele aanranding.

Kardinaal George Pell (78), ’n Australiër, se skuldigbevinding is eergister deur die hof tersyde gestel. Hy is die Rooms-Katolieke kerklike met die hoogste profiel wat tot dusver van dié soort misdaad aangekla is.

Sewe regters het eenparig besluit dat die jurie twyfel oor sy skuld moes gehad het. Hy kan nie herverhoor word nie.

“Ek het geen kwade gevoelens teen diegene wat my beskuldig het nie. Ek wil nie hê my vryspraak moet verder bydra tot die pyn en bitterheid wat so baie mense reeds voel nie. Daar is reeds genoeg pyn en bitterheid,” het Pell by sy vrylating gesê.

Pous Franciskus, wat tydens die verhoor nie ’n woord oor Pell gerep het nie, het sy oggendmis later die dag opgedra aan “almal wat ly onder onregverdige vonnisse”.

Die Australiese tak van die Survivors Network of those Abused by Priests het gesê hulle is “ontsteld en gebroke” oor die uitspraak. Die pa van een van die twee beweerde slagoffers wat by die saak betrokke is, het gesê hy is “‘geskok” en “woedend”. Sy seun het in 2014 aan ’n oordosis dwelms gesterf.

Pell het sy titel as kardinaal behou selfs nadat hy verlede jaar tronk toe gestuur is. Vyf aanklagte is teen hom aanhangig gemaak oor dade wat hy glo gepleeg het terwyl hy aartsbiskop van Melbourne was. In sy eerste verhoor kon die jurie nie ’n bevinding maak nie. In ’n herverhoor is hy tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis. Pell het nooit self getuig nie. – Reuters

Meer oor:  Australië  |  Seksuele Aanranding  |  Hof  |  Vrygespreek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.