Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sekspes Weinstein swaar gestraf

Die voormalige Hollywood-rolprentmaker Harvey Weinstein (67) is tot 23 jaar tronkstraf gevonnis.

Sy regsverteenwoordigers het vroeër die hof in New York gevra om sy gesondheid en ouderdom in ag te neem en hom net tot vyf jaar tronkstraf te vonnis, berig Reuters.

Weinstein is verlede maand aan verkragting en seksuele aanranding skuldig bevind. Dit volg nadat hy sy gewese produksieassistent, Mimi Haleyi, in 2006 seksueel aangerand het en Jessica Mann, ’n aspirant-aktrise, in 2013 verkrag het.

Sy regspan het die vertoë aan regter James Burke van die hooggeregshof in Manhattan, New York, gerig.

Harvey Weinstein, ’n Hollywood-vervaardiger, is deur verskeie vroue van seksuele teistering beskuldig. Foto: AP

Sy swak gesondheid asook sy beroepsprestasies en liefdadigheidswerk is ter strafversagting aangebied.

“Sy lewensverhaal, sy prestasies en sy lewenstryd moenie vergeet word net oor die jurie se beslissing nie,” het sy regspan aangevoer.

Weinstein is onskuldig bevind op twee ernstiger aanklagte van predatoriese seksuele aanranding, waarvoor daar ’n verpligte lewenslange vonnis is.

Die aanklaers in die saak het verlede week gevra dat Weinstein se vonnis nie net sy skuldigbevinding weerspieël nie, maar ook sy lewenslange misbruik van ander mense.

Meer oor:  Harvey Weinstein  |  Seksskandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.