Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Seldsame bloedsoort vir meisie (2) met kanker gesoek

Skenkers met ’n uiters seldsame bloedsoort wat die lewe van ’n tweejarige meisie met aggressiewe kanker kan red, word wêreldwyd gesoek.

Zainab Mughal van Tallahassee in die VSA het neuroblastoom en benodig bloedoortappings en beenmurgoorplantings, maar dit is uiters moeilik om ’n geskikte skenker te vind omdat sy nie die Indian B-antigeen het nie.

Zainab Mughal. Skermgreep: Verksaf

Potensiële skenkers moet van die bloedgroep A of O wees en albei ouers moet 100% van Pakistanse, Indiese of Iranse afkoms wees. In dié etniese groepe het minder as 4% van mense dié genetiese variasie, berig Skynews.

Tot dusver het meer as duisend skenkers na vore gekom, maar slegs drie het dieselfde seldsame bloedsoort as Zainab. Een woon in Londen en die ander twee in Amerika. Sy sal egter meer bloed nodig hê as wat dié mense kan skenk.

CNN berig OneBlood, ’n niewinsgewende organisasie in Florida, help die familie om ’n skenker te probeer opspoor.

“Ons soek nou die wêreld deur na nog ’n geskikte skenker om bloed vir die meisietjie te kry,” sê Frieda Bright van OneBlood.

OneBlood sê die ideaal is om nog geskikte skenkers wat in Amerika woon, op te spoor.

Zainab se pa, Raheel Mughal, het aan The Washington Post gesê hy en sy vrou is nie geskikte skenkers nie.

“Toe die uitslae kom was dit baie erg. Ons het almal gehuil. Dit was die ergste ding wat ons ooit kon verwag het, sê Mughal.

Hulle hoop sy kan kankervry uit die hospitaal kom.

Die Mughal-gesin doen hul bes om mense bewus te maak van haar siekte en hoop om eendag vir Zainab die storie te vertel oor hoe ’n groep mense wat sy nie ken nie, gehelp het om haar lewe te red.

Meer oor:  Oneblood  |  Zainab Mughal  |  Gesondheid  |  Bloedskenkers  |  Wêreld  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.