Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Seldsame blou diamant haal superprys

’n Seldsame blou diamant wat die laaste 300 jaar in koninklike huise in Europa deurgebring het, is op ’n veiling in Geneva vir $6,7 miljoen (sowat R83,7 miljoen) verkoop.

’n Seldsame blou diamant wat op ’n veiling in Genève vir $6,7 miljoen (sowat R83,7 miljoen) verkoop is. Foto: Twitter/Sotheby’s

Die Farnese-blou is in 1715 as ’n trougeskenk aan Elizabeth Farnese, dogter van die hertog van Parma, gegee toe sy met Philip V van Spanje getroud is.

Daarna is die diamant van die een adellike familielid na die ander oorgedra en het van Spanje na Frankryk, Italië en Oostenryk beweeg.

Die diamant van 6,1 karaat kom van die bekende Golconda-myn in Indië. Dit is ná slegs vier minute op die veiling deur Sotheby’s verkoop en het baie meer gehaal as die verwagte bod van tussen R41 miljoen ($3,6 miljoen) en R59 miljoen ($5,2 miljoen).

“Ons het ’n goeie prys verwag, maar het by $3,5 miljoen begin en het op $6,7 miljoen geëindig. So ons het ons eie verwagting oorskry. Goeie juwele, goed ontwerp, goed gemaak met ’n goeie voorkoms en die regte ouderdom doen baie goed,”sê Daniela Mascetti, Sotheby’s se juweelkundige.

Volgens die afslaers se webwerf het die peervormige diamant eens op ’n tyd deel uitgemaak van ’n tiara wat aan Marie Antoinette, die Franse koningin, behoort het.

Die identiteit van die nuwe eienaar is nie bekend gemaak nie. – BBC

Meer oor:  Sotheby's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.