Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Senaat stem teen Trump se noodtoestand

Die Amerikaanse senaat het Donderdag met 59 stemme teenoor 41 gestem om pres. Donald Trump se afkondiging van ’n noodtoestand op sy suidwestelike grens om 'n muur op die grens met Mexiko te bou, om te keer. 

Die New York Times berig dié verskil is nie groot genoeg om Trump te verhoed om die besluit te veto nie. 

Dit is egter die eerste keer in die geskiedenis wat die Amerikaanse kongres gestem het om ’n noodtoestand wat deur ’n president afgekondig is te keer en dié nederlaag word as ’n ernstige terugslag vir Trump beskou.

“Dit is doodeenvoudig: dit is ’n stem vir grensbeveiliging, dit is ’n stem vir geen misdaad nie,” het Trump voor die stemming aan verslaggewers gesê. 

Verskeie Republikeinse senators kon hulself egter nie vereenselwig met die idee om $3,6 miljard van militêre konstruksieprojekte na die grensmuur te herlei nie, omdat hulle bevraagteken of dit wettig is. 

Jerry Moran, ’n Republikeinse senator, sê hy glo die afkondiging van ’n noodtoestand onder sulke omstandighede druis in teen die grondwet en hy kan daarom nie vir Trump ondersteun nie. 

Moran meen ’n stem vir Trump se plan sou Amerika op ’n pad plaas wat nie die goedkeuring van die skrywers van die Amerikaanse grondwet sou wegdra nie. 

CNN berig Trump het dit duidelik gemaak dat hy vas van plan is om dié besluit te veto sodra dit duidelik geword het dat genoeg Republikeine sal stem om die noodtoestand om te keer. 

Meer oor:  Noodtoestand  |  Donald Trump  |  Grensmuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.