Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ses dood in skietery in New Jersey

'n Polisiespeurder, twee verdagtes en drie omstanders is Dinsdagmiddag (plaaslike tyd) in New Jersey, Amerika doodgeskiet in 'n konfrontasie by 'n supermark.

Volgens The New York Times het dit 'n residensiële woonbuurt soos 'n oorlogsone laat voel.

Die konfrontasie tussen die polisie en die verdagtes by die JC Kosher Supermarket het vir ure lank geduur.

Twee verdagtes en drie omstanders is daarna dood binne die winkel gekry.

Die speurder wat doodgeskiet is, is by 'n begraafplaas meer as 'n kilometer daarvandaan gekry, waar die konfrontasie glo begin het.

Volgens bronne het hy een van die verdagtes genader in verband met 'n moordondersoek.

Die verdagtes het in 'n bakkie gevlug wat tot die konfrontasie by die winkel gelei het.

Die polisiespeurder wat doodgeskiet is, is as Joseph Seals geïdentifiseer. Hy is as 'n veteraan beskryf met 15 jaar diens in die Jersey City-polisiedepartement.

Nog twee polisielede en een ander persoon wat raakgeskiet is, was in 'n stabiele toestand. – Reuters

Meer oor:  New Jersey  |  Skietery  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.