Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sikloon bring 'verwoestende' wind na Mosambiek

Die dodelike sikloon wat die week reeds minstens drie lewens in die Comore-eilande aan die ooskus van Afrika geëis het, het Vrydag steeds in die noorde van Mosambiek gewoed, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) in 'n verklaring gesê.

"Die gemiddelde windsterkte is tussen 100 en 120 km/h. Die sikloon veroorsaak steeds verwoestende wind," lui die verklaring.

Die windspoed het afgeneem in vergelyking met die 200 km/h wat Donderdag ervaar is toe die sikloon Mosambiek getref het.

"Daar is plekke in die Niassa-provinsie waar oorstromings voorkom," lui die verklaring verder.

Die storm gaan egter teen Saterdag en Sondag afneem, maar swaar reën wat gepaardgaan met oorstromings is steeds 'n moontlikheid en kan ook in die suide van Tanzanië voorkom.

Die SAWD gaan voort om die storm en die vernietiging in samewerking met die weerdienste van Mosambiek en Tanzanië te monitor. 

sikloon kenneth
'n Satellietbeeld van die sikloon Kenneth wat Vrydagoggend geneem is. Foto: SAWD
Tanzanië, sikloon kenneth
Vissermanne sit hul bote aan wal in afwagting vir die sikloon Kenneth in Mtwara in Tanzanië. Foto: Reuters

Meer oor:  Mosambiek  |  Sikloon Kenneth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.