Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Singapoer belowe wêreldvrede met munt

Singapoer het Dinsdag ’n gedenkmunt bekend gestel om volgende week se spitsberaad tussen die VSA en Noord-Korea te gedenk.

Die beraad, die eerste tussen leiers van dié twee lande, word in Singapoer gehou.

Die woorde “World Peace” staan op die een kant, tesame met die vredesimbool van ’n duif en ’n olyftak. Daaronder is die twee lande se nasionale blomme, die roos en die magnolia.

Op die teenkant is twee hande wat mekaar groet, die twee lande se vlae en die datum van die beraad: 12 Junie.

Die goue munt sal meer as $1 000 kos.

Die Withuis het verlede maand al sy eie gedenkmunt bekend gestel en met ’n rooi gesig gesit toe pres. Donald Trump twee weke gelede aangekondig het die beraad word afgelas.

Die stadstaat Singapoer het goeie bande met die Ooste en die Weste en hy handhaaf ’n buitelandse beleid van neutraliteit.

Hy was in 2015 die gasheer van ’n geskiedkundige beraad tussen Taiwan en China – die eerste sedert Taiwan in die burgeroorlog in 1949 tot stand gekom het.

Die presiese plek waar Trump en Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, sal vergader, is nog nie bekend nie. ’n Groot beraadsone is wel aangekondig. Dit sluit die Amerikaanse ambassade, Singapoer se departement van buitelandse sake en talle luukse hotelle in. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Kim Jong-Oen  |  Amerika  |  Noord-Korea  |  Spitsberaad  |  Munte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.