Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sinn Féin dring aan op plek in Ierse regering

Die Ierse linkse nasionalistiese party Sinn Féin het Dinsdag daarop aangedring om deel van Ierland se volgende parlement te wees omdat hy glo die land se twee grootste gematig-regse partye probeer kiesers stuit wat op verandering aandring.

Sinn Féin het vroeër vandeesmaand die eerste keer tot nog toe meer stemme as enige ander party gekry en met 24,5% amper sy stemme verdubbel met sy belofte om die land se behuisings- en gesondheidstelsel reg te ruk.

Tog word Sinn Féin deur die gematig-regse Fianna Fáil en Leo Varadkar, die premier, se party, Fine Gael, uit samesprekings deur die regering gehou. Hulle weier albei om mag te deel weens “politieke verskille” en Sinn Féin se geskiedenis as die politieke vleuel van die Ierse Republikeinse Leër (IRA).

Dié twee partye was die laaste 100 jaar aan die bewind.

“Hulle doen alles in hul vermoë om mense wat vir ons gestem het, uit die regering te hou,” het Mary Lou McDonald, voorsitter van Sinn Féin, in ’n stampvol saal in Dublin gesê terwyl honderde mense buite in die snerpende koue ook na haar geluister het.

“Sinn Fein wil in die regering wees en ons wil dinge gedoen kry. Aan die partye wat besluit het om nie met ons te onderhandel nie, sê ek: ‘Ons respekteer jul mandaat. Nou is dit tyd dat julle ons s’n respekteer.’ ”

Micheál Martin, leier van Fianna Fáil, sê Sinn Féin werk nie volgens dieselfde demokratiese standaarde as die ander partye nie en dat McDonald sekere eenhede in die IRA geprys het.

McDonald het in 2018 die party by Gerry Adams oorgeneem en het geen rol gehad in die geweld oor drie dekades in Noord-Ierland wat in 1998 geëindig het nie.

Varadkar het Sinn Féin se vergaderings oor die land heen bestempel as ’n “veldtog van intimidasie en ’n geboelie”.

McDonald sê haar fokus is op samesprekings met ander partye toe sy gevra is of Sinn Féin sy saak na die strate gaan neem.

“Die besluit sal in die Dial (parlement) geneem word.”

Fine Gael het 35 van die huis se 160 setels en Fianna Fáil en Sinn Féin elk 37.

Daar word voorspel dat dit weke gaan neem om ’n regering te vorm en dat daar die risiko van ’n herverkiesing is. Kenners dink Sinn Féin staan dan ’n goeie kans om sy setels te vermeerder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.