Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Siriese oorlewende deel gru verhaal van gasaanval

Kassem Eid is byna dood in ’n gasaanval in Sirië in 2013.

Hy is gebore en het grootgeword in die buitewyke van Damaskus onder die Al-Assad-bewind.

Eid bly nou in Duitsland nadat hy gehelp is om te ontsnap uit die land waarnatoe hy eendag wil terugkeer – maar nie terwyl pres. Basjar al-Assad nog daar is nie.

Die skrywer van die boek My Country: A Syrian Memoir, het aan Sky News vertel van die aand toe hy deur ’n saringasaanval vergiftig is en hoe hy hoop om met die werk wat hy doen die lyding van onskuldige mense in Sirië te beëindig.

In ’n opiniestuk in The New York Times, skryf Eid dat hy in die somer van 2013 gesien het hoe kinders en kleuters van honger sterf. Vriende wat probeer het om die dorp waar hulle woon te verlaat, is gevang, gemartel en doodgemaak.

“Ons het die verminkte liggame begrawe.”

Ons het in die kamer rondgestrompel, gehyg na asem en opgegooi.

Hy skryf dat hy en drie vriende: Aboe Abdo, Ahmad en Alm Dar, ’n voormalige bevelvoerder in die Siriese weermag by ’n verlate woonstel in die middestad ingetrek het.

“Die beleg het veroorsaak dat ons onkruid en blare eet en in vullisdromme gaan krap om te oorleef. Die aand van 20 Augustus 2013 het ons vier uur lank na kos gesoek. Daar was nie eens kos in die vullis nie. Uiteindelik het ons wilde gras gevind, dit gekook, soos sop gedrink en gaan slaap.

“Die volgende oggend was ons in ’n stryd gewikkel om ’n chemiese aanval te oorleef. Ahmad en Abdo het uit die bed gespring, gesukkel om asem te haal en aanhoudend gehoes. Ek het water op my gesig gegooi in ’n poging om die brandende gevoel te verminder. Ons het in die kamer rondgestrompel, gehyg na asem en opgegooi.

“Daar was ’n harde, dringende klop aan ons deur. ‘Help, asseblief, hulle is besig om te sterf!’ het ons buurvrou Oemm Khaled uitgeroep. Sy het haar kinders van vier en ses jaar oud onder elke arm gehad. Hulle was bewusteloos. Hul gesiggies was blou en geel en daar was skuim by hul mond."

Meer oor:  Sirië  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.