Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skietstilstand in Gasastrook bewerkstellig

Die militante groep Islamitiese Djihad in die Gasastrook het Donderdag aangekondig ’n skietstilstand is met Israel bereik ná twee dae se oor-en-weer-aanvalle waarin minstens 32 Palestyne dood is. Daar is berigte dat tot die helfte van die slagoffers burgerlikes was.

Volgens die groep het Israel ná onderhandelinge wat deur Egipte bemiddel is, ingestem tot ’n skietstilstand.

Geweld het Dinsdag uitgebreek nadat een van die topbevelvoerders van die Islamitiese Djihad, wat die steun van Iran geniet, in ’n lugaanval deur Israel dood is.

Die militante het daarna teruggeslaan en vuurpyle op Israel afgevuur. Die Djihad het Dinsdag minstens 200 vuurpyle op Israel afgevuur, terwyl Israel ook vuurpyle teruggeskiet het.

’n Skietstilstand is in die Gazastrook bereik. Foto: Reuters

’n Beampte in Egipte het aan Reuters bevestig ’n skietstilstand is bereik.

Musab Al-Braim, woordvoerder van die Islamitiese Djihad, het gesê Israel het ingestem dat geteikende sluipmoorde van militante en weermagoptrede deur Israel by weeklikse Palestynse betogings by die Gaza-grens gestaak word.

Israel Katz, minister van buitelandse sake, het aan ’n plaaslike radiostasie gesê “stilte sal met stilte begroet word” met verwysing dat Israel aanvalle sal staak as die Djihad dit eerste doen. Hy het ontken dat daar verdere ondernemings gemaak is.

Hamas, die fundamentalistiese Islamitiese beweging wat die septer in Gasa swaai, het uit die konflik gebly. – Reuters


Meer oor:  Gasa  |  Gasa-Strook  |  Skietstilstand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.