Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skiptragedie: Oupa lê nie verklaring af nie

Die oupa wat sy kleindogter vasgehou het toe sy van die 11de dek op ’n passasierskip dood geval het, is terug in Amerika sonder om ’n verklaring aan die ondersoekers van Puerto Rico af te lê, berig die Daily Mail.

Die 18 maande oue Chloe Wiegand het Sondag deur ’n oop venster van die Freedom of the Seas geval en op die kaai van San Juan beland nadat Salvatore Anello, haar oupa, glo gedink het die venster is toe. Die Wiegland-gesin wat in South Bend in Indiana in Amerika woon was op 'n familievakansie, wat oumas en oupas ingesluit het. 

Chloe Wiegand (18 maande). Foto: Facebook

Anello kan aangekla word van strafbare manslag of nalatigheid en het ’n afspraak met Puerto Rico se ministerie van justisie nagekom.

’n Amptenaar van die ministerie het eksklusief aan Daily Mail gesê Anello het op advies van sy regsverteenwoordiger geen verklaring afgelê nie.

Facebook/Salvatore Anello
Salvatore Anello, Chloe se oupa wat by haar was voor sy dood is. Foto: Facebook/Salvatore Anello

Die ministerie het niemand in hegtenis geneem nie en kon daarom regtens nie die familie verbied om die eiland te verlaat nie.

Chloe se ouers, Alan (40), ’n polisielid in South Bend, en sy vrou, Kimberley (36), ’n regspraktisyn, het op ’n ander vlug na Amerika teruggevlieg.

Die hoop was dat Chloe se as ook op die vlug sou wees, het Indy Star berig, maar dit kon nie teen Vrydagoggend bevestig word nie.

Daily Mail berig hulle is die kans gegee om na ’n hoë resolusievideo te kyk na die gebeure, maar hulle was te ontsteld.

Die ouers is ook na die ministerie van justisie genooi, maar het op advies van hul regsverteenwoordiger nie gegaan nie. Hulle was elders op die skip toe Chloe geval het.

Michael Winkleman, die familie se regsverteenwoordiger in Miami, het vroeër aan CBS News gesê die gesin se grootste prioriteit is om Chloe se begrafnis te reel sodra hulle tuis is.

"Hulle is absoluut absoluut vernietig. Dit was 'n aaklige 72 uur waartydens hulle in Puerto Rico vasgevang was. Hulle wil tuis saam as gesin rou."

Winkleman het die polisie se verklaring oor die voorval wat Maandag uitgereik is uitgedaag.

Die polisie voer aan Chloe het uit haar oupa se arms geglip toe hy haar buite die venster gehou het.

Winkleman het aan CBS gese sy het by die venster uitgeval wat oopgelos is in 'n kinderspeelarea.

Sy wou opgetel word en aan die venster slaan soos wat sy altyd gedoen het by haar ouer broer se yshokkiewedstryde.

"Haar oupa het gedink daar is glas, net soos by die ander vensters, maar daar was nie en sy was in 'n oogwink weg."

Die familie oorweeg regstappe teen Royal Caribbean Cruises.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.