Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skok oor dood van Tsjad se president

Pres. Cyril Ramaphosa het sy kommer oor die geweld in Tsjad uitgespreek nadat die land se president in ’n geveg met rebelle noodlottig gewond is.

Pres. Idriss Déby (68) van Tsjad, is Dinsdag dood nadat hy gewond is terwyl hy sy soldate vanuit die voorste linie teen rebelle gelei het.

LEES OOK: Tsjad se president sterf in gevegte met rebelle

Ramaphosa sê in ’n verklaring ’n onmiddellike staking in geweld is nodig om stabiliteit en vrede in Tsjad te bewerkstellig, asook om konflik op die vasteland te beëindig.

“Ons veroordeel die geweld wat soveel lewens geëis het, ook dié van president Déby, ten sterkste. Ons vra vir kalmte en ’n staking van gevegte,” sê Ramaphosa.

Hy het ook namens Suid-Afrika sy medelye aan Déby se familie, die Tsjad-regering en die land se mense uitgespreek.

Netwerk24 het vroeër berig ’n oorgangsraad van militêre offisiere het Mahamat Kaka, ook bekend as Mahamat Idriss Déby Itno, Déby se seun, as tussentydse president aangestel.

Mahamat Idriss Déby Itno, seun van Tsjad se pres. Idriss Déby, is as tussentydse president aangestel nadat sy pa in ’n geveg met rebelle noodlottig gewond is. Foto: Reuters


Meer oor:  Weermag  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.