Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skokfoto van meisie (15) wat sterf ná Ecstasy-pil

Die skokkende foto van ’n tiener wat dood is nadat sy glo die dwelm Ecstasy gebruik het, is deur haar ma die wêreld ingestuur om mense te waarsku.

Shakira Pellow se ouers het hierdie foto uitgereik om mense teen die gevare van dwelms te waarsku.Foto: Lee Butcher

MailOnline  berig Shakira Pellow (15) van Cornwall in die suide van Engeland het glo net een tablet geneem voordat sy dood is.

Haar ma, Rita Hole, en dié se lewensmaat, Lee Butcher, het toe die foto uitgereik om ander mense van die gevare van dwelms bewus te maak.

Hulle sê die Ecstasy-pil het die handelsmerk van die speelgoed Duplo op gehad.

CornwallLive  het die familie se verklaring aan die media uitgereik waarin hulle sê die meisie was borrelend en vol lewe.

Sy het Vrydagaand glo saam met vriende gekuier toe hulle die dwelm geneem het. Sy het inmekaargesak en is die volgende oggend dood.

Hole het die foto geneem terwyl Shakira in die Royal Cornwall-hospitaal behandel is. Toe het die ma nog gehoop dat haar dogter die voorval sal oorleef.

In die verklaring sê die familie mense moet bewus wees daarvan dat dwelms nie pret is nie, maar mense se dood veroorsaak.

Hulle het dwelmgebruikers aangemoedig om hul dwelms by die polisie in te handig en bekend te maak waar hulle dit gekry het.

“Dit beteken nie dat jy teen mense draai nie, want hulle verkoop nie wat hulle sê hulle verkoop nie. Jy red lewens,” lui die verklaring.

Shakira Pellow Foto: Facebook
Shakira PellowFoto: Facebook


Meer oor:  Shakira Pellow  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.