Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skokfoto's wys ontploffing in Parys

Skokkende foto's wat pas verskyn het van 'n reuse-ontploffing in die middestad van Parys wys grootskaalse skade in die Franse hoofstad.

Die polisie en nooddienste is op die toneel, het SkyNews berig.

Die foto's op sosiale media kon nog nie deur die owerhede bevestig word nie.

'n Luide ontploffing is wel gerapporteer.

Berigte van sterftes het ook aan die lig gekom.

Hierdie is brekende nuus. Volg Netwerk24 vir die jongste:

 

11:36

Die BBC berig die ontploffing was by 'n bakkery in die straat Rue de Trévise in die 9de distrik omstreeks 08:00 die oggend. Vermoedelik was dit weens 'n gasontploffing.

Dit word nie tans verbind met terreur of die vlaag van betogings in Frankryk nie.

11:55

Die Franse nuusdiens France24 het pas berig daar is 20 mense beseer.

14:26

Die Franse polisie het nou bevestig vier mense, insluitende twee brandbestryders, het gesterf.

Meer oor:  Parys  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.