Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skokkende foto’s wys hoe ys op Antarktika smelt
Hierdie satellietfoto’s van Eagle Island aan die kus van Antarktika wys die enorme omvang van die ys wat weens drie hittegolwe gesmelt het. Die foto links is op 4 Februarie geneem en die een regs op 13 Februarie. Foto: Nasa Earth Observatory

Nuwe Nasa-satellietfoto’s van een van Antarktika se eilande, wat op 4 Februarie en weer op 13 Februarie geneem is, het die skokkende resultaat van die hittegolf in dié gebied – die derde hierdie somer – getoon.

Die foto wat op 13 Februarie van Eagle Island aan die noordwestelike punt van Antarktika geneem is, wys groot dele waar die ys in dié paar dae verdwyn het.

Prof. Mauri Pelto, ’n kenner van gletsers aan die departement van omgewingswetenskap aan die Nichols-kollege in Massachusetts, Amerika, sê die eiland het in dié dae 20% van sy seisoenale sneeulaag verloor, berig livescience.com.

“ ’n Mens sien hierdie omvang van smeltvoorvalle in Alaska en Groenland, maar gewoonlik nie in Antarktika nie.

Dié vasteland se hoogste temperatuur nog is ook hierdie seisoen aan die noordelike skiereiland die naaste aan Suid-Amerika, en op ’n eiland daar naby, gemeet.

Op die skiereiland is 18,3 °C gemeet, en ’n paar dae later, op 9 Februarie, is 20,75 °C op Seymour-eiland gemeet.

Pelto sê Eagle Island het 1,5 km² ys verloor. Groot poele yswater het ook in die middel van die eiland gevorm.

Hoewel elke seisoen warm tye het, was dit nog die warmste in Antarktika. Die hittegolwe het die vasteland in November laasjaar en in Januarie en Februarie vanjaar getref, sê Pelto.


Meer oor:  Antarktika  |  Klimaatsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.