Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Skole in Thailand sluit weens rookmis

Skole in Bangkok en in die omliggende provinsies in Thailand is vir die res van die week gesluit weens gevaarlik hoë vlakke van lugbesoedeling.

Die besluit is deur die land se departement van onderwys geneem, berig CNN.

Thailand se departement van besoedelingsbeheer het op Facebook gesê die gehalte van die lug in Bangkok en 41 gebiede rondom die hoofstad het tot skadelike vlakke gedaal. Die hoeveelheid onveilige stofdeeltjies, wat bekend is as PM2.5, oorskry die vlakke van wat as veilig beskou word.

PM2.5 is mikroskopiese deeltjies kleiner as 2,5 mikrometer in deursnee. Dit word as besonder skadelik beskou omdat hulle klein genoeg is om diep in die longe in te dring en ander organe te bereik.

Hy sê die owerhede sal op 4 Februarie weer die situasie hersien en besluit wat verder gedoen moet word.

Volgens die nuusagentskap Thai PBS World het Aswhin Kwhangkoeang, goewerneur van Bangkok, beveel dat al 437 skole wat onder die stad se toesig is, tot Vrydag moet sluit ter wille van die leerlinge se gesondheid.

Die maatreël sal ook help dat minder voertuie ry omdat ouers dan nie hul kinders skool toe hoef te vervoer nie.

Thirakiart Tsjaroensetthasilp, minister van onderwys, sê die departement sluit alle skole, beroepskolleges en universiteite twee dae lank weens die swak gehalte van die lug.

Hy sê die owerhede sal op 4 Februarie weer die situasie hersien en besluit wat verder gedoen moet word.

Die luggehalte-indeks (LKI) word deur stede gebruik om die vlakke van lugbesoedeling te bepaal. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word LKI-vlakke van onder 25 as veilig beskou vir mense om normaal asem te haal, berig CNN. Die LKI-vlakke in Bangkok was Woensdag 175.

Die departement van besoedelingsbeheer het volgens Thai PBS World gesê die rookmis het in 39 gebiede vererger en die probleem sal waarskynlik tot 4 Februarie duur.

Meer oor:  Thailand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.