SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Wêreld
Sluiting van Amerikaanse regering raak FBI negatief

Informante wat nie geld vir inligting kry nie en ’n groot opeenhoping van bewyse wat nie getoets kan word nie.

Pres. Donald Trump by verlede week se mediakonferensie in die Withuis toe hy dit duidelik gemaak het hy wil steeds ’n muur op die grens tussen die VSA en Mexiko bou. Foto: AP

Dít is maar ’n paar van die probleme wat die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) tans in die gesig staar nadat pres. Donald Trump van Amerika die regering gedeeltelik gesluit het, berig CNN.

’n Groep wat huidige en voormalige FBI-agente verteenwoordig, het ’n beroep op Trump en die Amerikaanse kongres gedoen om die departement van justisie te finansier, berig The Hill.

Dié groep sê die gedeeltelike sluiting van die regering raak nou ’n kwessie van nasionale veiligheid.

Thomas O’Connor, leier van die groep, sê minstens 5 000 van die FBI se 35 000 werkers is tydelik ontslaan, berig USA Today.

Die groep sê baie FBI-agente sal nie op 11 Januarie 2019 betaal word nie, maar hulle sal voortgaan om hul werk te doen omdat hulle die Amerikaanse volk moet beskerm.

Meer oor:  Donald Trump  |  Vsa  |  Sluiting  |  Muur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.