Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Smeerblad dreig Bezos

Jeff Bezos, die rykste mens ter wêreld, is oor “intieme foto’s afgepers”.

Hy het Donderdag gesê American Media Inc (AMI), die uitgewer van die smeerblad National Enquirer, het gedreig om die foto’s te publiseer.

Jeff Bezos Foto: Getty Images

Die koerant het vroeër berig hy het naakfoto’s in die hande gekry wat Bezos aan sy minnares, die voormalige TV-aanbieder Lauren Sanchez, gestuur het.

Bezos het op sy blog geskryf: “Pleks daarvan om toe te gee aan afpersing en afdreiging, het ek besluit om presies te publiseer wat hulle vir my gestuur het, ondanks die persoonlike koste en verleentheid waarmee hulle my dreig.”

Die blog het verskyn met die titel: “Nee dankie, mnr. Pecker.” David Pecker is die uitvoerende hoof van AMI.

“As ek nie eens kan opstaan teen sulke uitbuiting nie, hoe moet ander mense dit doen?” het Bezos gevra.

Die storm oor die naakfoto’s het om sy kop losgebars op die dag waarop hy en sy vrou, MacKenzie, aangekondig het dat hulle ná 25 jaar gaan skei.

Die National Enquirer het ook gedreig om boodskappe tussen Bezos en Sanchez te publiseer.

Gerugte het die ronde gedoen dat hy en Sanchez al ’n jaar lank uitgaan.

Bezos het iemand aangestel om die uitlek van sy boodskappe en foto’s te ondersoek en sê dié lekkasie is politiek gemotiveerd.

Bezos is een van pres. Donald Trump se felste kritici en die National Enquirer steun Trump.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.