Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Smuts-beeld, -skildery by Cambridge verwyder

’n Borsbeeld en skildery van die Suid-Afrikaanse staatsman genl. Jan Smuts is stil-stil verwyder by die Universiteit van Cambridge.

Die Britse The Sunday Times berig die borsbeeld en skildery van Smuts is vanuit prominente ruimtes in die Old School-gebou van Christ’s College verwyder as ’n uitvloeisel van die #FeesMustFall-beweging.

Genl. Jan Smuts, van wie ’n skildery en borsbeeld nou by die Universiteit van Cambridge verwyder is. Foto: Argief

Smuts het met ’n beurs regte studeer aan dié kollege by die Universiteit van Cambridge en het talle pryse as student verower.

Die verwydering van Smuts se beeld en skildery volg op ’n beweging by die Universiteit van Oxford om ’n standbeeld van Cecil John Rhodes daar te laat verwyder. Die beweging om van Rhodes se standbeeld by Oxford ontslae te raak het gevolg op die #FeesMustFall-betogings wat Suid-Afrikaanse universiteite in 2015 geruk het.

Rhodes se beeld voor die Universiteit van Kaapstad is in dié jaar verwyder. Sy beeld is as ’n simbool van imperialisme en kolonialisme beskou.

Die verwydering van Smuts se beeld en skildery het aan die lig gekom met die verskyning van ’n boek essays, Dethroning Historical Reputations: Universities, Museums and the Commemoration of Benefactors, berig The Sunday Times.

John Shakeshaft, adjunkvoorsitter van die universiteitsraad, skryf in ’n hoofstuk in die boek Smuts was deel van ’n stelsel wat tot apartheid gelei het.

Shakeshaft voeg volgens The Sunday Times by dat die universiteit nie ’n tuin van herinnering is nie. “Elke geskenk, naam, elke gedenkteken moet verantwoordbaar gehou word met die lewende doelstellings van die plek.”

Studente in Manchester het in Julie vanjaar ’n muurskildery van die gedig If van Rudyard Kipling vervang met die gedig Still I Rise van die skrywer Maya Angelou, berig BBC.

Meer oor:  Feesmustfall  |  Standbeeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.