Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Snelheid die oorsaak van Tiger se ongeluk

Snelheid was die hoofoorsaak van Tiger Woods se motorongeluk in Februarie, het die polisie in Los Angeles Woensdag bevestig.

Woods, wat deur sommige beskou word as die beste gholfspeler van alle tye, het ernstige beserings aan sy regterbeen, voet en enkel in die ongeluk op 23 Februarie opgedoen. Hy moes ook ’n noodoperasie ondergaan.

Volgens die owerhede in Los Angeles het Woods tussen 135 km/h en 140 km/h in die Rolling Hills Estates gery toe hy beheer oor sy voertuig verloor het. Die spoedperk is 70 km/h.

Die stuk pad waarop die ongeluk plaasgevind het, is bekend daarvoor dat dit gevaarlik is.

Woods se voertuig het teen 120 km/h beweeg toe dit die boom getref het. Die polisie het bevestig dat daar geen bewyse gevind kon word dat Woods ten tyde van die ongeluk onder die invloed van alkohol of dwelms was nie.

Die voertuig se dataopnemer wys dat Woods tydens die ongeluk nooit die remme gebruik het nie, maar eerder op die versneller getrap het. Dit dui daarop dat Woods dalk per ongeluk die versneller in plaas van die remme getrap het toe hy die voertuig tydens die ongeluk probeer beheer het.

Woods het tydens sy loopbaan 82 toernooi-oorwinnings behaal en het 15 Majors op sy kerfstok.

Hy sterk by sy huis in Florida aan. – Reuters

Meer oor:  Tiger Woods
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.