Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Só werk Franse streek-verkiesing

Die verregse Marine le Pen hoop om meer steun in die Franse streekverkiesing in Junie te wen om haar ’n platform vir die presidentsverkiesing in 2022 te gee.

Die hoop van Le Pen, leier van die verregse party Rassemblement National, mag egter beskaam nadat baie min kiesers Sondag gaan stem het en haar party boonop swakker gevaar het as wat voorspel is.

Marine le Pen, leier van die verregse Rassemblement National-party, en pres. Emmanuel Macron in 2017 ná die verkiesing. Foto: Reuters

Die volgende persidentsverkiesing is oor minder as ’n jaar. Peilings toon dat pres. Emmanuel Macron en Le Pen weer, soos in 2017, sake sal uitspook. Na verwagting sal die gaping tussen dié twee partye kleiner wees.

Die streekverkiesing gee egter nie regtig ’n aanduiding oor wie moontlik die presidentsverkiesing sal wen nie. Indien die verregse partye hul eerste magsbasis verower, sal dit skokgolwe oor die politieke landskap stuur.

Reuters berig Macron se party, La République en Marche (LaRem), sal egter nie ’n volstrekte meerderheid in enige van die streke behaal nie, wat dui op die party se mislukking om sy stempel op plaaslike vlak af te druk.

Hoe werk die verkiesing?

Elke party sal ’n lys van sy kandidate beskikbaar stel. Indien nie een van die kandidate meer as die helfte van die stemme in die eerste ronde kry nie, sal almal met meer as 10% van die stemme na die tweede ronde deurdring.

Dit beteken drie of meer partye sal kan deurgaan.

Partye mag tussen die eerste en tweede ronde saamsmelt.

Dit het al in die verlede gebeur om te probeer voorkom dat die verregses wen.

Setels aan raadslede in die streke word op ’n proporsionele grondslag aangewys.

Die party wat die meeste stemme verower, wen ’n bonus van ’n kwart van die setels.

Dit beteken Le Pen se party kan met minder as 50% van die stemme in die tweede ronde beheer oor ’n streek verower.

Waar moet die stryd gewen word?

1. In die suide in Marseille en die Franse Riviera is daar bogemiddelde immigrasie en werkloosheid, wat die verregses ’n hupstoot gee.

2. In die noorde, waar die steenkoolmyne is, sal die konserwatiewes moontlik ’n hupstoot kry.Reuters 


Meer oor:  Emmanuel Macron  |  Frankryk  |  Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.