Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Amerikaanse verkiesing: So werk dit

Ongeveer 12 deelstate sal op 3 November ’n deurslaggewende rol speel in die Amerikaanse presidentsverkiesing om te bepaal of pres. Donald Trump of sy Demokratiese teenstander, Joe Biden, vir die volgende vier jaar die land se president gaan wees.

Dit is veral hierdie deelstate wat ’n belangrike rol sal speel oor watter presidentskandidaat die 270 stemme van die Amerikaanse kieskollege gaan kry.

Wat is die Amerikaanse kieskollege?

Amerikaners stem nie regstreeks vir ’n presidentskandidaat nie, maar vir hul deelstaat se afgevaardigdes wat dan na die kieskollege sal gaan om daar vir die betrokke kandidaat te stem wat die meeste stemme in hul staat getrek het.

Die getal afgevaardigdes wat ’n deelstaat na die kieskollege stuur, is proporsioneel tot die getal verteenwoordigers wat die deelstaat in die kongres het, dus twee senatore en hoeveel lede die deelstaat in die huis van verteenwoordigers het.

Gewoonlik word die presidentskandidaat wat landwyd die meeste stemme gekry het, tog deur die kieskollege as president aangewys.

Dít het egter nie in die verkiesing in 2016 gebeur toe Trump teen Hillary Clinton gestaan het nie. Clinton het inderdaad landwyd die meeste stemme gekry, maar die kieskollege het Trump tot die president verkies.

Hoe werk die kieskollege?

Elke deelstaat sal soveel verteenwoordigers as wat hulle in die Amerikaanse kongres het na die kieskollege stuur.

Hierdie verteenwoordigers bestaan uit lede van die senaat en die huis van verteenwoordigers, wat die kongres uitmaak. Dié afgevaardigdes sal dan vir ’n nuwe president stem. Die suksesvolle presidentskandidaat sal 270 stemme uit die 538 setels moet kry.

Daar is 538 setels waarvan die presidentskandidaat 270 stemme moet kry om die verkiesing te wen.

Waar moet Biden of Trump die meeste stemme kry?

Daar is nie sekerheid oor hoe die deelstate sal stem nie en hul stemme kan na enige kant toe gaan. Hulle sal dan ook bepaal wie die verkiesing wen.

Florida

Florida sal 29 verteenwoordigers na die kieskollege stuur, maar daar is nie sekerheid oor vir watter kandidaat hulle sal stem nie.

Georgia

Georgia sal 16 verteenwoordigers na die kieskollege stuur.

New Hampshire

Dié deelstaat sal vier verteenwoordigers na die kieskollege stuur.

Noord-Carolina

Noord-Carolina het 15 afgevaardiges wat na die kieskollege sal gaan.

Ohio

Ohio stuur 18 afgevaardigdes na die kieskollege om te gaan stem.

Michigan

Sestien afgevaardigdes sal uit Michigan na die kieskollege gestuur word.

Pennsilvanië

Hierdie deelstaat het 20 afgevaardigdes wat gestuur sal word.

Texas

Dié deelstaat sal 38 afgevaardigdes stuur.

Wisconsin

Wisconsin sal tien afgevaardigdes stuur om vir die nuwe staatshoof te stem.

Minnesota

Die deelstaat Minnesota sal ook tien afgevaardigdes stuur.

Arizona

Die deelstaat Arizona sal 11 afgevaardigdes na die kieskollege stuur.

Nevada

Ses afgevaardigdes sal uit die deelstaat Nevada gestuur word.

Iowa

Die deelstaat Iowa sal ook ses afgevaardigdes stuur om in die verkiesing te gaan stem. Reuters, BBC, VoteSmart


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.