Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sokkerafrigter en 3 seuns nou volledige Thailand-burgers

Die sokkerafrigter en drie van die seuns wat uit die grot in Thailand gered is, het nou volle burgerskap van die Thaise regering ontvang.

Die vier was deel van ’n groep van 13 wat op 23 Junie diep in ’n grotstelsel in die noorde van Thailand vasgekeer is nadat vloedreën hulle daar vasgekeer het. Hulle is nege dae later deur twee Britse duikers gekry, maar dit het nog ses dae geneem voordat ’n internasionale span die eerste spanlede kon red.

Die BBC berig Ekkapol Tsjantawong (25), die sokkerafrigter, en drie van die groep van 13 lede van die Wildevarke-sokkerspan was van die honderdduisende mense in Thailand wat nie volle burgerskap het nie.

Daar is sowat 480 000 staatlose inwoners in Thailand, onder meer van nomadiese stamme en ander etniese groepe wat al eeue lank rondom die grense van Thailand, Mianmar, Laos en China woon.

Tsjantawong en drie van die jong sokkerspelers is in Thailand gebore en het lank voor die grotredding reeds aansoek om hul burgerskapkaarte gedoen.

The Guardian berig sonder die identifikasiekaarte kon die seuns en hul afrigter nie buite die provinsiale grense van Tsjiang Rai, die provinsie in die noorde van Thailand waar hulle woon, beweeg nie.

Die Thaise owerhede sê die redding uit die grot het niks te make met die besluit dat die seuns en hul afrigter nou burgerskap kry nie, hoewel die oorhandigingseremonie wyd geadverteer is as die geleentheid waar die seuns van die Wildevarke-sokkerspan hul identifikasiekaarte sal ontvang.

Tsjantawong sê hy is verheug dat al die sokkerspelers van die span wat hy afrig, nou burgerskap het, want daarmee kan hulle stem, gaan studeer, reis en ’n goeie werk kry en nie net sokker speel nie.

Meer oor:  Thai-Seuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.