Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Soldate erken glo aandeel aan volksmoord

Twee soldate van Mianmar in Bangladesj is glo na Den Haag gebring nadat hulle erken het dat hulle Rohingia-Moslems, ’n minderheidsgroep, in militêre operasies in 2017 doodgemaak het, het twee nuusorganisasies en ’n regtegroep gister berig.

Die twee mans het glo erken dat hulle dosyne inwoners van die noordelike Rakhine-staat doodgemaak en hulle in massagrafte begrawe het, berig die New York Times, die Kanadese Uitsaaikorporasie en die organisasie Fortify Rights, en haal verklarings aan wat die mans vanjaar op video gedoen het wat in Mianmar opgeneem is.

Reuters het nog nie die video’s gesien waarna die nuusorganisasies verwys nie. Die New York Times het gesê hy kan nie onafhanklik bevestig dat die twee soldate die misdade gepleeg het soos hulle verklaar het nie.

Die Mianmar-regering en die weermag se woordvoerder het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Luidens die berigte is die mans deur die Arakan-weermag-insurgensiegroep, wat nou in Rakhine teen regeringsoldate van Mianmar veg, aangehou toe hulle die bekentenis gedoen het en later na Den Haag in Nederland gebring, waar hulle as getuies kan verskyn of dalk vervolg kan word.

Uit die berigte is dit nie duidelik hoe die mans in die hande van die Arakan-weermag beland het nie, hoekom hulle uitgepraat het, hoe hulle na Den Haag gebring is en onder wie se beheer nie.

’n Woordvoerder van die Internasionale Strafhof in Den Haag het gesê die mans is nie daar in aanhouding nie. “Nee, daardie berigte is nie korrek nie. Ons het geen persone by dié hof in aanhouding nie,” het die woordvoerder, Fadi el Abdallah, gesê.

Payam Akhavan, ’n Kanadese prokureur wat Bangladesj in ’n saak teen Mianmar in dié hof verteenwoordig, het gesê die twee mans het by ’n grenspos opgedaag en om regeringsbeskerming gevra. Hulle het ook hul betrokkenheid by die massamoord op en verkragting van die Rohingia-burgerlikes in 2017 erken.

“Al wat ek kan sê, is dat die twee mense nie langer in Bangladesj is nie,” het hy gesê.

Khine Thu Kha, woordvoerder van die Arakan-weermag, het gesê die twee mans was drosters en is nie as krygsgevangenes aangehou nie. Hy het nie verder kommentaar gelewer oor waar die mans nou is nie, maar gesê die groep “is verbind tot geregtigheid” vir alle slagoffers van die Mianmar-weermag.

Mianmar het herhaaldelik aantygings van volksmoord ontken en gesê die militêre operasies in 2017 was gemik op Rohingia-militante wat die polisie-grensposte aangeval het.

Die strafhof ondersoek sake van misdaad teen die mensdom, die gedwonge deportering van die Rohingia na Bangladesj, asook vervolging en ander onmenslike optrede. – Reuters

Meer oor:  Mianmar  |  Volksmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.