Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Soleimani ingespan in Trump se verkiesingsplan

Pres. Donald Trump van Amerika gebruik die dood van die Iranse genl.maj. Kassem Soleimani nou in sy veldtog om weer as president gekies te word.

Hy het mense op ’n saamtrek in Toledo, Ohio, toegespreek en onder groot toejuiging gesê deur die dood van Soleimani is duisende ander mense se lewe gered en Amerika het só geregtigheid laat geskied.

Trump het ook kritiek verwerp van die Demokrate wat beweer hy het sy mag misbruik met die aanval op Soleimani ’n week gelede by ’n lughawe in Bagdad.

Hy sê Soleimani het gewelddadige protesoptogte gereël by die Amerikaanse ambassade in Bagdad en sê as hy nie Amerikaanse troepe uitgestuur het om die ambassade te beskerm nie, sou Amerikaners daar gesterf het.

Pres. Donald Trump van die VSA het sanksies teen Iran ingestel.

Die feit dat Trump sy eerste byeenkoms in sy verkiesingsveldtog vir 2020 in Toledo hou, is tekenend van hoe belangrik die deelstaat Ohio vir hom is in sy poging om vir ’n tweede termyn van vier jaar terug te keer as president. Hy het dié deelstaat in 2016 met agt persentasiepunte gewen nadat dit altyd ’n vesting van die Demokrate was.

Hoewel Trump en sy raadgewers volhou dat Soleimani Amerikaners in die Midde-Ooste aangeval het, word hy erg gekritiseer omdat daar nie voldoende bewyse is nie.

Trump sê Soleimani het nuwe aanvalle op Amerikaanse ambassades beplan, maar is gekeer voordat hy enigiets kon doen.

Ná Soleimani se dood het Iran wraak geneem deur missielaanvalle op twee Amerikaanse basisse in Irak uit te voer. Trump sê hy was gereed om terug te baklei, maar daar was geen Amerikaanse ongevalle nie.

In reaksie op kritiek van die opposisie sê hy die Demokrate het nie nodig gehad om te weet van sy planne teen Iran nie. Hy glo hulle sou dit teengestaan het en heel moontlik aan die media uitgelap het.

Hy het beklemtoon dat Soleimani ’n terroris is en dat hy nou duidelik sien die radikale linkse Demokrate is nie saam met hom bly oor die dood van dié terroris nie. – Reuters

Meer oor:  Kassem Soleimani  |  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.