Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Somalië stel 3 Al-Sjabaab-bomaanvallers tereg
‘n Foto van die Al-Sjabaab-lede wat tereggestel is.Foto: Facebook

Somalië het Woensdag drie Al-Sjabaab-lede tereggestel vir die hotelaanval in 2017 in Mogadisjoe waarin 18 mense dood is.

Die staatsbeheerde nuusagentskap Somali National News Agency (Sonna) het bevestig die drie mans is ter dood veroordeel nadat hulle skuldig bevind is vir hul deelname aan die bomaanval op die hotel.

“Hulle is daarvan beskuldig dat hulle Al-Sjabaab-lede was. Hulle was ook deel van die aanvallers wat die Nasahablod Two Hotel gebombardeer het. Altesame 18 mense is dood en 47 ander is in die voorval beseer,” sê Somalië se staatsnuusagentskap op sy webwerf.

Volgens Sonna is die mans Woensdagoggend doodgeskiet.

Al-Sjabaab, ’n Islamitiese militante groep wat Somalië se sentrale regering probeer omverwerp, is in 2011 uit Mogadisjoe verdryf en is sedertdien ook in ander gebiede gestuit. – Reuters

Meer oor:  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.