Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Spanning bou op oor konflik tussen Azerbeidjan, Armeense magte

Die Navo-bondgenote Frankryk en Turkye het Woensdag na mekaar gekap terwyl spanning toeneem oor die felste konflik tussen Azerbeidjan en etniese Armeense magte sedert die middel 1990’s.

Azerbeidjan en etniese Armeniërs in die wegbreekstreek Nagorno-Karabakh het mekaar op ’n vierde dag van konflik van bomaanvalle beskuldig.

Talle mense is, na berig word, dood en honderde gewond in gevegte wat sedert Sondag oor die grens van die streek versprei het.

Die konflik dreig om in ’n volskaalse oorlog tussen die voormalige Sowjetrepublieke Azerbeidjan en Armenië te ontaard.

Gevegte tussen Azerbeidjan en Armeense magte het vir ’n vierde dag voortgewoed in een van die grootste konflikte in die streek in dekades. Foto: Reuters

Daar heers kommer oor die skermutselinge in die Suid-Kaukasus-streek waardeur olie en gas na wêreldmarkte vervoer word en die moontlikheid bestaan dat Rusland en Turkye by die gevegte betrek kan word.

Van Turkye se Navo-bondgenote is ook bekommerd oor Ankara se houding jeens Nagorno-Karabakh wat onder die beheer van etniese Armeniërs is. Die streek word nie as ’n onafhanklike republiek erken nie.

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het Dinsdag gesê Turkye “sal doen wat nodig is” op ’n vraag of hy militêre ondersteuning aan Azerbeidjan sou bied.

Turkye het ook na Frankryk gekap en gesê sy eensgesindheid met Armenië kom daarop neer dat hy die Armeense besetting van Azerbeidjan goedkeur.

Talle mense van Armeense herkoms woon in Frankryk en pres. Emmanuel Macron het erken dat hy uiters bekommerd is oor “oorlogspraatjies” in Turkye “wat enige huiwering van Azerbeidjan se kant af om Nagorno-Karabakh terug te neem uit die weg ruim.”

“Ons sal dit nie aanvaar nie,” sê Macron.

Rusland het Woensdag gesê dat sy weermag die verwikkelinge dophou.

Armenië se verenigde inligtingsentrum, ’n aanlyn regeringsplatform, het foto’s van ’n vliegtuigwrak geplaas wat volgens hulle deur die Turke afgeskiet is. Turkye het dit ontken en Armenië daarvan beskuldig dat hy leuens versprei.

– Reuters

Reuters: https://www.reuters.com/article/armenia-azerbaijan-int/azerbaijan-and-ethnic-armenian-forces-fight-new-clashes-international-tension-mounts-idUSKBN26L10T

Meer oor:  Konflik  |  Spanning  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.