Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Spierman Arnold stabiel na opehart-operasie

Die Amerikaanse akteur en oudpolitikus Arnold Schwarzenegger het volgens berigte ’n nood opehartoperasie ondergaan.

SkyNews berig dié 70-jarige akteur was by die hospitaal ingeboek vir ’n kleiner hartverwante operasie, maar nadat daar komplikasies ontstaan het, moes hy Donderdag die opehartoperasie ondergaan.

Arnold Schwarzenegger is baie aktief op Twitter en het in Desember dié foto van homself getwiet.Foto: Twitter

Die operasie is by die Cedars-Sinai-hospitaal in Kalifornië gedoen.

Intussen berig FoxNews dat Schwarzenegger se toestand stabiel is.

Dokters was op bystand om die opehartoperasie te doen, indien komplikasies sou intree met die kleiner operasie.

Hy het ook in 1997 ’n ander hartoperasie ondergaan om ’n hoofaarklep te vervang.

Daar word berig dat hy in daardie stadium gesê het sy hartprobleme is aangebore en dat dit niks te doene het met die moontlike gebruik van steroïde nie.

Schwarzenegger twiet gereeld en moedig onder meer mense aan om fiks en gesond te leef.

Meer oor:  Arnold Schwarzenegger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.