Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Sri Lanka: 8 bomme ontplof al, bykans 200 dood

Nog twee ontploffings het Sri Lanka Sondag getref nadat ses ontploffings reeds vroeër die dag drie kerke en drie luukse hotelle geteiken het, berig Independent.

Die weermag hou wag by die St. Antonius-kerk in Colombo. Foto: Dinuka Liyanawatte, Reuters

Die sewende ontploffing, wat ure ná die eerste ses ontploffings omstreeks 10:00 (plaaslike tyd) gehoor is, was by ’n kleiner hotel by die Dehiwala-dieretuin in Dehiwala-Mount Lavinia, ’n hoofstad aan die buitewyke van die hoofstad, Colombo.

Sri Lankaanse mediaorganisasies het volgens Independent berig dat ’n agtste ontploffing by behuisingskompleks in Dematagoda, nog ’n voorstad van Colombo, plaasgevind het.

Die dodetal het intussen tot bykans 200 gestyg en meer as 560 is beseer.

Die getal buitelanders wat in die Paassondag-ontploffings in Sri Lanka omgekom het, word op tussen 11 en 35 geraam.

Dit is bekend dat daar Britse toeriste onder die slagoffers is.

Die getal dooies en beseerdes styg steeds.

Die drie Katolieke kerke wat aangeval is, is St. Antonio in Colombo, St. Sebastiaan in Negombo, sowat 30 km noord van die hoofstad, en die Zion-kerk in Batticaloa in die ooste van die land.

Al drie die vyfster-hotelle wat aangeval is – die Cinnamon Grand, Kingsbury en Shangri-La – is in die hartjie van Colombo.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Bronne: Mirror, New York Times, CNN

Meer oor:  Sri Lanka  |  Ontploffings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.